Kumbagana Game Lodge
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 120 Kromrivier, Plaas 347, Rustenburg, 0300, Noordwes
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kumbagana Game Lodge is 'n lodge wat in privaat besit is en 'n rustige wegbreek en noue ontmoetings met die natuur bied. Kumbagana beteken ''plek in die son'' en dié lodge is vernoem na die mooi sonsondergange wat hier gesien kan word. Kom en geniet die vrede en vryheid van die Magaliesberge.
Verblyf is beskikbaar in 10 oopplan-houtchalets wat elk geskik is vir 4 gaste. Elke chalet het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n stapelbed. Die badkamer in elke chalet het 'n stort, toilet en wasbak. Elke chalet het ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus is en verder spog elke chalet met 'n stoep en 'n braai-area met 'n lig.
Daar is 2 swembaddens op die perseel. By dié lodge kan gaste diere soos elande, njalas, koedoes, impalas, blesbokke, hartebeeste, wildebeeste, kameelperde, sebras en sabeldiere sien. Wildritte kan gereël word en daar is 2 natuurroetes op die perseel wat deur die berge en bos loop. Dit is goed gemerk.
Kumbagana Game Lodge het 'n konferensiesentrum wat gebruik kan word vir opleiding en konferensies. Dit is geskik vir 80 afgevaardigdes. Die lodge het ook trougeriewe wat vir 100 gaste geskik is. Daar is 2 venues, een binne en die ander 'n pragtige, groot boma buite. 'n Volledige gelisensieerde kontantkroeg en -restaurant is beskikbaar slegs vir funksies.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Jacques Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Erfdeel 120 Kromrivier, Plaas 347, Rustenburg, 0300, Noordwes
- Gaste dink Kumbagana Game Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 40 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 120 Kromrivier, Plaas 347, Rustenburg, 0300, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang