Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kumbaya

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 220 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kumbaya is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Lampiesbaai, in die gewilde vissersdorpie St. Helenabaai, aan die Weskus. Dit is die ideale opsie vir familie en vriende wat op soek is na gerieflike verblyf en is naby die Golden Mile Beach.

Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n groot plafon en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar en gaste kan met hul eie Netflix- en Showmax rekeninge by die TV inteken.

Langs die sitarea is daar 'n eetarea met sitplek vir 8 en 'n ingeboude braai. Dié braai-area het groot skuifdeure wat na 'n onderdakstoep lei. Die verblyf is omhein vir kinders om te speel.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis, wat ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër het. Net 'n entjie se ry is 'n verskeidenheid besienswaardighede en aktiwiteite wat gaste kan verken, soos die strand, perdry, gholf, seisoenale walvis- en dolfynkyk, asook winkels, restaurante, 'n spa, en soveel meer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Malande Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 41

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kumbaya het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 220
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 220
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa3fdd71b5dd4531de5c005bed33e6a77cabe75ade36648fcce45580daeef11e570d1af795043acfdc8ae6c774b914147843c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 220 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 29 Vondeling Crescent Lampiesbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.722630528104 17.961860190738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang