Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kumbaya

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 220 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kumbaya is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Lampiesbaai, in die gewilde vissersdorpie St Helenabaai, aan die Weskus. Dit is 'n ideale opsie vir vriende en familie wat op soek is na gerieflike verblyf aangesien dit naby die gewilde Golden Mile Beach is.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis Wi-Fi is beskikbaar en die TV laat gaste toe om by hul eie Netflix- en Showmax-rekeninge aan te meld.

Langs die sitkamer is daar 'n eetarea met sitplek vir 8 gaste en sluit 'n ingeboude braai in, wat dit 'n ideale plek maak vir gaste om gehaltetyd saam deur te bring. Dié braaikamer het groot skuifdeure wat direk na 'n onderdakstoep oopmaak. Die eiendom beskik oor 'n omheinde tuin vir kinders om te speel.

Gaste kry veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis wat 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër insluit. 'n Kort entjie se ry weg het gaste die opsie om 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge te verken, soos die strand, perdry, gholf, seisoenale walvis- en dolfynkyk asook winkels, restaurante, 'n spa en soveel meer.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Malande Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 40

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kumbaya het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 220
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 220
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vondeling-singel 29, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa3fdd71b5dd4531de5c005bed33e6a77cabe75ade36648fcce45580daeef11e570d1af795043acfdc8ae6c774b914147843c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 220 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 29 Vondeling Crescent Lampiesbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.722630528104 17.961860190738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang