Kunje Guest Farm
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kunje Plaas, R303, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
- Vanaf R540 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kunje Guest Farm is in Koue Bokkeveld geleë, 'n gebied wat veral bekend is vir sy bergreeks wat uit Sederbergsandsteen bestaan, voetslaan, bergklim, bergfietsroetes en San-tekeninge. Dis die perfekte wegbreekplek vir diegene wat op soek is na 'n vakansie ver van die stadslewe.
Verblyf word in 5 eenhede met slaapplek vir 44 gaste aangebied. Die eenhede sluit diegastehuis en kothuis, Eenheid 1, Eenheid 2, Eenheid 3 en die Geelberg-berghut in. Elke eenheid het gemaklike beddens, 'n badkamer met 'n stort of bad, toilet en wasbak, 'n toegeruste kombuis en 'n eetkamer met 'n kaggel. Die berghut het stapelbeddens en 2 badkamers met storte. Dié eenheid is ook troeteldiervriendelik.
Geriewe op die perseel sluit lugversorging, satelliet-TV, 'n buitebraai, 'n swembadjie by die gastehuis en kothuis, warmbaddens by eenheid 2 en 3 en veilige parkeerplek in. Gaste is ook welkom om doendinge op die perseel, soos voëlkyk, swem, bergfietsry, visvang en fietsry te geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Leoni Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 158
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Kunje Plaas, R303, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
- Gaste dink Kunje Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 48 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kunje Plaas, R303, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang