Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kusweg Wegbreek

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 399 Kusweg, Tergniet, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kusweg Wegbreek bied verblyf in die hartjie van die Tuinroete. Die eenheid is teen die strand in Tergniet, tussen Groot-Brakrivier en Mosselbaai geleë. Die hele area is toeristevriendelik en hier is baie besienswaardighede in die omtrek. Daar is 'n getypoel vir kinders op die strand reg voor die huis. Dis 'n heerlike plat strand met koraalrotse wat dit baie veilig maak vir kinders.

Die verblyf is die hele grondvloer en die strandhuis is volledig ingerig. Dit is heel jaar beskikbaar vir bespreking en bied slaapplek aan 8 gaste.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en stapelbed of 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof, elektriese oond asook eetgerei en breekware. Daar is gemaklike banke asook 'n TV met volledige DStv in die sitkamer. WiFi is beskikbaar.

Daar is oorgenoeg parkeerplek voor en langs die huis.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Marco V
Saam met lewensmaat
5.0
Beslis gaan ek weer. Dit is 'n absolute wonderlike ervaring. Plek is baie netjies, personeel is vriendelik en help met roetes en besienswaardighede. B...
Sien meer
Aug 2024
Christo & Ansie P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike ontvangs deur eienaar. Ons het baie lekker gebly, dankie. Baie lekker gebly en plekkie het alles wat jy benodig. Eienaar is baie vrie...
Sien meer
Aug 2024
Elsje F
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik lekker kuier met die see op drumpel. Gemaklike, woonstel op die see met 'n ongelooflike uitsig. Het skole dolfyne en walvisse in die gemak...
Sien meer
Apr 2024
Nalene N
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker gekuier! Dankie! Ons het heerlik gekuier! Rustige area en vriendelike gasheer en -vrou! Dis ruim en kyk heerlik uit op die see.
Mrt 2024
Danie P
Saam met lewensmaat
5.0
Als wat nodig is. Lekker gebly soos die vorige keer.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 399 Kusweg, Tergniet, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kusweg Wegbreek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 399 Kusweg, Tergniet, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74176e034bff86ca9f22684b4aec4d0dbabbbbce704f6d546ab380cf29536efd8bc0906cd43a24bd3487569af00b2a62e138?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8) 46 5 1 5 399 Beach Road Tergniet 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0678 22.19809

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang