Kwaaibaai View
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaantjie Bend 5, Jacobsbaai, 7300, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Kwaaibaai View is 'n moderne, opgeknapte, ruim vakansiehuis met stylvolle dekor en 'n pragtige uitsig oor Kwaaibaai en Jacobsbaai.
Dié huis beskik oor 4 slaapkamers, waarvan 2 en suite-kamers is en het slaapplek vir 8 gaste. Vars, wit linne en handdoeke word voorsien. Gaste kan vir enige aantal gaste bespreek van 2 tot 8. Let asb. op dat indien die bespreking vir minder as 5 gaste is, sal die ongebruikte slaapkamers nie beskikbaar wees nie.
Die ruim hoofslaapkamer het ingeboude kaste, volledige badkamer, aparte sitarea met 'n TV, 'n koningingrootte-bed en 'n pragtige see-uitsig vanaf die dek.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die ruim sitkamer het sitplek vir 12 gaste, 'n groot TV, toegang tot die stoep en 'n uitsig oor die see.
Die derde en vierde slaapkamers is in 'n privaat vleuel van die huis (Gewelhuis) en deel 'n volledige badkamer met bad en stort. Dit is geskik vir 'n gesin. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, oorgenoeg ingeboude kaste en 'n pragtige see-uitsig. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n see-uitsig. Die TV-kamer is deel van die Gewelhuis met 'n rusbank en stoele.
Die goed toegerus kombuis het breekware, glase, eetgerei, kastrolle en alle nodige items vir selfsorg. Daar is ook 'n gasstoof, dubbel oond, mikrogolfoond, broodrooster, Nespresso-cappuccino masjien, filterkoffiemasjien, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër in die opwaskamer. 'n Strykyster en strykplank word voorsien.
Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 10 gaste en 'n glasdeur wat toegang bied tot die stoep. Daar is 'n gastetoilet by die eetkamer.
Die patio buite het 'n pragtige uitsig, braaigeriewe en daar is 'n piekniekbank vanwaar gaste die Weskus sonsondergange kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elizabeth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Baviaantjie Bend 5, Jacobsbaai, 7300, Wes-Kaap
- Gaste dink Kwaaibaai View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaantjie Bend 5, Jacobsbaai, 7300, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang