KwaThabisile Game Lodge
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 54 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 29, Boekenhoutskloofdrift 29, Cullinen, 1000, Gauteng
- Vanaf R880 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
KwaThabisile Game Lodge is 'n egte toevlugsoord net 'n uur vanaf Johannesburg en O.R. Tambo lughawe, en net 30 minute se ry vanaf Pretoria.
Die lodge is in die hartjie van Gauteng, "Dinokeng" ('n plek van riviere) geleë, waar jy die hele Afrika in een dag kan ervaar. KwaThabisile Game Lodge is op die 400 hektaar Leeuwkloofvallei Reservaat geleë.
Ons verwelkom jou met ons Afrika-styl sodat jy skemerkelkies en wonderskone sonsondergange oor die Leeuwkloofvallei kan geniet. Luister na die nag terwyl jy langs die knetterende kampvuurtjie sit. Geniet selfs die heerlike ontbyt wat langs die swembad wat oor die beeldskone vallei kyk, bedien word. Wandel na die dammetjie toe of voetslaan deur die bosse om die wild te kyk en die oorvloed van voëlewe te aanskou.
Ons is die ideale venue vir groepbesprekings, troues, konferensies, spanbou, partytjies en vriende en familie wat byeenkom.
Van hier af kan jy die 3 hoof-aantreklikhede van Dinokeng geniet: die Roodeplaatdam (natuurreservaat en watersport-aktiwiteite), Cullinan (die historiese dorpie en Rifilwe Township-toere) en Dinokeng Wildreservaat (waar jy die Groot 5 kan sien rondwandel in Gauteng).
Akkommodasie:
Die lodge se unieke landelike ligging is ideaal vir paartjies of vriende en familie, klein konferensies (U-vormkamer vir 30 en 'n skoolkamer vir 65) en spesiale geleenthede.
Die 7 ekslusiewe eenhede by KwaThabisile is 'n viering van landelike Afrika-sjiek elemente. Silwerskoon katoenlinne, vereduvets en -kussings word pragtig beklemtoon met 'n stylvolle versameling onthougoed uit Alexandra se reise deur Afrika.
Al 7 eenhede is toegerus vir selfsorg met 11 slaapkamers. Ons kan tot 45 mense akkommodeer (65 mense wat in 2 groepe verdeel word, maar al hulle etes in die boma of die konferensiekamer deel). Die kamers kan 11 paartjies, 11 enkelpersone en 22 wat deel (en nog meer) akkommodeer.
Die Italiaanse krygsgevangenes het oorspronklik die Old Thabisile plaashuis gebou en daar is baie geskiedenis aan verbonde. Dit was toe in 3 selfsorg-eenhede (Antelope, Bushbaby en Chameleon) omskep (die eerste 2 eenhede kan aaneengeskakel word).
Die oorspronklike grasdakhuis wat in 3 (Duiker, Eland en Flycatcher) verdeel is, is vol landelike bekoring en karakter.
Daar is die ou stal, Giraffe, wat in 'n bekoorlike oopplan-ateljee omskep is.
Indien jy die lodge as 'n geheel wil bespreek, vereis ons 'n minimum van 22 gaste, maar ons kan gemaklik tot 45 gaste akkommodeer (maksimum 65).
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Duits
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Alexandra Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Plot 29, Boekenhoutskloofdrift 29, Cullinen, 1000, Gauteng
- Gaste dink KwaThabisile Game Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Leeuwkloof Valley Bobbejaansberg Private Nature Reserve Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 54 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 29, Boekenhoutskloofdrift 29, Cullinen, 1000, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang