Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kwetu Guest Farm

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 012 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kwetu Guest Farm is op 'n rustige plaas in Buffeljagsrivier geleë met beeldskone uitsigte op die Langeberge en oor die omliggende weiveld. Die plaas is sowat 11 km van Swellendam af, halfpad tussen Kaapstad en George, en is die perfekte plek as jy wil wegkom van die stad se lawaai.

Verblyf word in 5 gerieflike kothuise en 1 gesinskamer gebied. Geriewe sluit waaiers in die slaapkamers, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Die kothuise is op meer as 87 hektaar se grond geleë waar gaste kan stap, draf of fietsry. Die dam bied ook wonderlike visvanggeleenthede.

'n Verskeidenheid diere is in die omgewing te sien, soos swartwitpense, elande, wildebeeste, koedoes, waterbokke, springbokke, rietbokke, kameelperde, kolhase, dassies en watermuishonde. Verskeie voëlspesies kom ook hier voor en gaste sal visarende, veldpoue, sekretarisvoëls en ons beeldskone nasionale voël, die bloukraanvoël, hiér gewaar. Swaeltjies wat nesmaak op die stoepe sal gaste vermaak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Riana M
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker ontspannend met natuur & diere. Baie lekker gebly in Dassie eenheid. Al wat jy nodig het is daar. Heerlik gewees om rond te ry op die plaas en ...
Sien meer
Okt 2024
Marlene E
Saam met vriende
5.0
Uitstekende verblyf. Baie lekker gebly en so 'n rustige plek. En al die diere was regtig iets om te beleef.
Okt 2024
Zandri S
Saam met vriende
5.0
Incredible place! This place is incredible. Beautiful view, with farm life around you. The cottage is amazing and the hot tub is a bles...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Jc R
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld en sal weer kom kuier. Baie mooi plek met ons aankoms. Kinders het die "game self drive" geniet op die plaas. Visvang in die dam was o...
Sien meer
Jul 2024
Ingrid K
Gesin met klein kinders
5.0
Rustigheid, pragtige uitsigte, avontuur vir kinders, plattelandse gasvryheid. Rustigheid, pragtige uitsigte, avonture vir kinders, plattelandse gasvry...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Adele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 97

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kwetu Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 012
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 012
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfyjnfMMriOw8SKJmx5LQeH84PbXMiwSaHIeMRdLwJWNKZh1Hm3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 012 per nag (plek vir 2) 97 5 1 5 Portion 1 Farm de Doorns number 510 Buffeljagsrivier 6742 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.052761118136 20.551560565821

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang