La Ballito 303
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 079R917 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Ballito 303 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in die kusdorpie Ballito. Die prentjiemooi dorp is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek langs die see.
Dié eenslaapkamereenheid is op die derde verdieping en het slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders onder 12 jaar. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 2 kinders is in 'n nis beskikbaar. Daar is 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en wasmasjien en die sitkamer het 'n TV met Openview HD. WiFi is ook beskikbaar. Die gebou het 2 hysers en is oorkant Willard-strand en 'n winkelsentrum.
Daar is ook 'n kragopwekker wat gedurende beurtkrag inskop en die hysbak laat werk.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai in die kompleks. Doendinge in die omgewing sluit in swem, verkenning van seelewe in die rotspoele, kajak, branderry, branderplankry, seevaart en sonbad.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 40
Resensies 535
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink La Ballito 303 het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang