La Ballito 702
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 184R1 006 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Ballito 702 is 'n gemeubileerde selfsorgwoonstel wat in die veilige La Ballito-woonstelblok oorkant Willard's Beach, Ballito geleë is. Dit is ideaal vir 'n klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf.
Dié woonstel op die sewende verdieping bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede slaapkamer is alkoof met 'n stapelbed vir kinders. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus, en daar is 'n toonbank met stoele. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n dakwaaier. Daar is 'n TV met OpenView en DStv-kanale.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-areas, wasgoedgeriewe, 24 uur-sekuriteit en veilige parkeerplek vir voertuie. Dit is naby restaurante, 2,5 km vanaf die Ballito Lifestyle Centre en Junction Regional Mall en 22,5 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Daar is 2 hysbakke wat met 'n kragopwekker werk.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 544
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 4, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang