Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Ballito 902

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jack Powell-rylaan, La Ballito, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R985 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

La Ballito 902 is 'n netjiese en lugtige selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou oorkant die strand. Die naaste strand is sowat 150 m weg en die Willard's swemstrand is 300 m weg. Die perseel van La Ballito spog met 2 swembaddens, braaigeriewe, en 'n klimraam vir kinders.

Dié woonstel bied 'n mooi uitsig oor die omgewing en is op die negende verdieping geleë. Daar is 2 hysbakke. Daar is 'n oopplan-kombuis en 'n badkamer en area met dubbelstapelbeddens. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en broodrooster toegerus. Daar is gratis WiFi en sekere DStv-kanale beskikbaar. Gaste kan ook hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die gebou het ook gemeenskaplike wasgoedgeriewe met masjiene wat met munte werk. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die woonstel het 1 aangewese onderdakparkeerplek. Die perseel het ook 24 uur-sekuriteit.

Die gebou is langs 'n winkelsentrum met wegneemetes en restaurante. Ballito Junction en die Lifestyle-winkelsentrum is slegs 6 min se ry weg. Daar is 'n Nu Metro-fliek en baie plekke om te eet. Sheffield Beach se Flag Animal Farm is ook 20 min weg. Die Sage Cafe & Deli in Foxhill is ook net 5 km weg en het 'n groot klimraam vir kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Zelia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 30

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Jack Powell-rylaan, La Ballito, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink La Ballito 902 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 985
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 985
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jack Powell-rylaan, La Ballito, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8fb7dd1ba8b5369abf7f3d3bce1d2db9ecbe1976cb1b29a851fe6f6cdd17309e57327095ca069e7847ba81826703087673e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R985 per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 Jack Powell Road La Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-00:00 09:00 -29.532546139652 31.22136224313

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang