Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Bella B+B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kretschmarlaan 75, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Bella B+B is 'n klein B&B in Bela-Bela, Limpopo. Ons bied puik verblyf vir sakelui, regeringsamptenare en enige ander gaste wat op soek is na silwerskoon, gerieflike, huislike oornagverblyf.

La Bella beteken "die mooie" in Italiaans. Alle mense is pragtig en verdien om in pragtige, vriendelike geriewe te oornag aan die einde van 'n lang werksdag of reis. Ons doelwit is om vriendelike, hartlike gasvryheid aan ons gaste te bied.

Elke eenheid het enkelbeddens, wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, 'n en suite-badkamer, lugversorging, TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en tuisgebakte beskuit. Skoon linne, handdoeke, en internettoegang word ook voorsien. Kamer 4 het 'n selfsorg-kombuisie, sy eie ingang, en 'n uitgang na die tuin.

Buite het gaste toegang tot 'n groot tuin en stoepe. 'n Heerlike plaasontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar en dit word in die ontbytkamer of op die stoep bedien. Veilige parkeerplek is agter hekke met afstandbeheer beskikbaar.

La Bella is in 'n woonbuurt geleë, net sowat 1,5 km vanaf die Warmbaths Forever Resort.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Lezelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike diens, netjies en skoon. Vriendelike diens. Netjies en skoon.
Aug 2024
Debbie L
Saam met lewensmaat
5.0
Good stopover to Botswana. We had everything we needed in a lovely big unit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Hennie S
Saam met lewensmaat
5.0
Hemel op aarde in Warmbad. Wat 'n pragtige gastehuis met 'n ontsettend mooi kamer en geriewe. Die persoonlike en vriendelike diens was uit die boonste...
Sien meer
Des 2023
Ruan J
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly, uitstekende diens! Elri het uit haar pad uit gegaan om ons verblyf so gerieflik as moontlik te maak, ons kon nie vir 'n beter B&B g...
Sien meer
Mei 2023
Carol C
Saam met lewensmaat
5.0
What a wonderful owner. She went out of her way to make everything perfect. Everything was perfect in every way.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Elri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Kretschmarlaan 75, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink La Bella B+B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kretschmarlaan 75, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65e288ae3deaa06d63ed2c57fdd069daef6b6c8d7a14c20134ca5c6f778267b4758bb1fb89a58d19c2f5924f77c572f8cd19?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 75 Kretschmar Avenue Bela Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.876236309471 28.290663957596

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang