Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Belle Vue

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 900 R4 410 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

La Belle Vue bied selfsorgverblyf in 'n elegante, smaakvol gemeubileerde woonstel in 'n woonstelgebou aan die see in Strand, 'n skilderagtige kusdorpie aan die voet van die Hottentots Hollandberge, tussen Macassar en Gordonsbaai, in die Wes-Kaap.

Dié drieslaapkamerwoonstel is op die tweede verdieping geleë en is geskik vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed asook 'n oopplan, en suite-bad en stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en stort. Die slaapkamers bied almal direkte toegang tot die balkon met sy panoramiese see-uitsigte, kwaliteit linne, handdoeke, basiese toiletware, ingeboude kaste, en oorgenoeg pakplek.

Die kombuis is volledig toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met kroegstoele. Die oopplan-leefarea spog met asemrowende uitsigte oor die see en beskik oor 'n TV met DStv, stylvolle sitkamerstel en 'n etenstafel.

Die leefarea maak oop op die balkon wat spog met ononderbroke see-uitsigte, 'n 4-sitplek piekniektafel en 2 sonstoele. Die kompleks het gemeenskaplike geriewe wat 'n varswaterswembad, braaigeriewe, hysbakke, onderdakparkeerplek asook bykomende gasteparkeerplek en 'n 24-uur-ontvangs insluit.

Besienswaardighede in die area sluit Strand Gholfklub, Somerset Mall, Helderberg wynlandgoedere, Strand Waterworld en Hottentots Holland Natuurreservaat in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir La Belle Vue
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 132

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Belle Vue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R4 900
R4 900 R4 410
per nag, vir 6 mense
Vanaf R4 900
R4 900 R4 410
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA61c9ee1834451843fb0b3543434e673db7e3d77b5ebeab9211d439b93a676d6b59df66c8940dae7a0d21f1162c970ac4d3f8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 900 nouVanaf R4 410 per nag, vir 6 mense 5 5 1 5 36 Beach Road Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123686255736 18.831466149854

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang