Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Boca Witsand

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

La Boca is 'n pragtige, privaat selfsorghuis op die La Riviere-sekuriteitslandgoed op die oewer van die Breederivermonding in Witsand. Die eiendom strek tot by die waterkant en die pragtige swemstrand onder die huis. Gaste het toegang tot 'n privaat stel trappe wat direk van die voorstoep af lei.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste (maksimum 6 volwassenes) en het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Elke kamer het 'n see-uitsig of 'n uitsig oor die Breederiviermonding.

Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed en deure wat na 'n privaat dek met direkte toegang tot die swembad lei. Die kamer het 'n pragtige en suite-badkamer met 'n spabad, stort en 'n wonderlike uitsig. Die tweede kamer het 'n koningingrootte- en stapelbed. Die kamer het 'n swembad- en rivieruitsig en 'n volledige badkamer met 'n bad en stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het dubbeldeure wat na 'n grasperk en swembad lei. Daar is ook 'n waskamer buite met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer kan op versoek vir 'n kinderoppasser ingerig word vir gaste wat langer kuier.

Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, gasstoof, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas en nog ander toebehore.

Die leefkamer het 'n kaggel en is oopplan met die eetkamer. Die kombuis is aan die agterkant. Die leefkamer het 'n platskerm-TV met DStv en onbeperkte WiFi. Die houtdek lei na 'n oopplan-leefarea en -eetarea wat dan na die binnehof lei.

Die huis het parkeerplek vir 2 motors. Daar is 'n bootparkeerplek en visskoonmaakstasie. Die perseel het 'n ingeboude braai aan die westekant en 'n Weber-braai in die binnehof.

Gaste kan 'n kajak wat geskik is vir 2 volwassenes en 1 klein kind gebruik indien dit vooraf gereël is. Roei oor die sanbank wat tydens laagwater blootgestel is, en gaan tel skulpies op.

Alle ouderdomme is welkom, maar let op dat die eiendom nie besonder vriendelik is vir klein kinders nie, want dit het 'n hele aantal trappe en 'n onbedekte swembad.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Boca Witsand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 884 La Riviere-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c4394f52d6ae8acfca185b00a52ff4bad77324b030c5b2edddceb9f421e75136f50ddcd5ed06dd90bcc65422b39d7130c11?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 Erf 884 La Riviere Estate Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.396903156345 20.832123946704

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang