La Familia
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roosevelt-weg 2, Padfield Park, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
La Familia Gastehuis is sentraal geleë in Padfield Park in Pintetown, na aan Pinecrest, Westmead, Hillcrest, Kloof en Queensmead. Die rustigheid van die lodge verseker 'n ononderbroke nagrus, en die gastehuis is ideaal vir vakansie- of sakereisigers.
Verblyf is in ruim dubbelkamers beskikbaar, wat beskik oor 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, en wat met wit linne oorgetrek is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met donsagtige, wit handdoeke en komplimentêre toiletware. Kamergeriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n verwarmer, kroegyskassie, asook tee- en koffiemaakgeriewe in.
Gaste het toegang tot 'n ruim en gemaklike sitkamer, eetkamer en vermaakarea met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot en volledig toegeruste kombuis. WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel agter 'n motorhek voorsien. La Familia bied ook wasgoed- en pendeldienste.
Ons bied 'n smullekker ontbyt daagliks. Middagete-pakkies en aandete kan op versoek bedien word. Daar is verskeie restaurante en winkelsentrums in die omgewing.
Verwag 'n hartlike verwelkoming wanneer jy arriveer, asook 'n verpersoonlikte diens tydens die volle duur van jou verblyf.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Miguel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Roosevelt-weg 2, Padfield Park, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal
- Gaste dink La Familia het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roosevelt-weg 2, Padfield Park, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal