Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Ferme

Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 10 Sep 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 R1 575 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Ferme bied gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal is vir 'n ontspannende naweek in die Franschhoek-wynlande en sowat 10 km vanaf die Franschhoek-hoofweg en langs die Hawequa-natuurreservaat geleë is. Dit is die ideale plek vir diegene wat in kunsvlieghengel belangstel ─ daar is damme op jou voorstoep. Hiér kan gaste 'n pragtige uitsig in 'n rustige omgewing geniet.

Daar is 4 selfsorgkothuise waarvan gaste kan kies wat elk 'n kombuisie en 'n leefarea het. Elke kothuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, lugversorging, 'n TV met Showmax en braaigeriewe. Die chalet het 'n houtdek waar gaste kan ontspan en braai. Ontbytbokse kan op versoek bespreek word. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot WiFi en die plaas maak van sonkrag met 'n batterystelsel gebruik wat rugsteunkrag aan die verblyf voorsien.

Die plaas is kindervriendelik en daar is 'n paar plaasdiere, klimraam en 'n swembad. Volwassenes kan die visdamme, Wemmershoekrivier of 'n braai op hul privaat stoep geniet.

Daar is 4 damme waarin reënboogforel, baars en karp gevang kan word. Gaste kan langs die dam piekniek hou en daar is braaigeriewe. Die naburige natuurreservaat bied aktiwiteite soos bergfietsry en voetslaan. Gaste kan hul eie fietse saambring, maar moet 'n permit deur Cape Nature bespreek om in die reservaat te ry.

Die area het pragtige bekroonde wynplase wat verken kan word en daar is verskeie lieflike restaurante in Franschhoek wat gaste kan besoek. Die Franschhoek Motormuseum is ook 'n gewilde trekpleister en is 10,3 km vanaf La Ferme geleë.

Daar is verskeie wynplase in die buurt, soos Lynx, Topiary, Freedom Hill of Eikehof, wat wynproeë aanbied. Net 'n entjie se ry vanaf hierdie verblyf kan restaurante by La Paris Estate, Lynx, Topiary of Antonij Rupert gevind word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Italiaans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir La Ferme
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Tim Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 44

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Ferme het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
R2 100 R1 575
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 100
R2 100 R1 575
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9dca69c5b166d08f88447708eec1e7cf15b724613f99fb66099f7900f769439670727964aa90c0e032501f67bbf87edd558b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 100 nouVanaf R1 575 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 Farm 1411 Paarl Road 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.846909054463 19.047565450752

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang