La Ferme
Kry 35% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 310R2 152 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
La Ferme bied gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal is vir 'n ontspannende naweek in die Franschhoek-wynlande en sowat 10 km vanaf die Franschhoek-hoofweg en langs die Hawequa-natuurreservaat geleë is. Dit is die ideale plek vir diegene wat in kunsvlieghengel belangstel ─ daar is damme op jou voorstoep. Hiér kan gaste 'n pragtige uitsig in 'n rustige omgewing geniet.
Daar is 4 selfsorgkothuise waarvan gaste kan kies wat elk 'n privaat houtvuurwarmbad, kombuisie en 'n leefarea het. Elke kothuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, lugversorging, 'n TV met Showmax en braaigeriewe. Die chalet het 'n houtdek waar gaste kan ontspan en braai. Ontbytbokse kan op versoek bespreek word. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Gaste het toegang tot WiFi en die plaas maak van sonkrag met 'n batterystelsel gebruik wat rugsteunkrag aan die verblyf voorsien.
Die plaas is kindervriendelik en daar is 'n paar plaasdiere, klimraam en 'n swembad. Volwassenes kan die visdamme, Wemmershoekrivier of 'n braai op hul privaat stoep geniet.
Daar is 4 damme waarin reënboogforel, baars en karp gevang kan word. Gaste kan langs die dam piekniek hou en daar is braaigeriewe. Die naburige natuurreservaat bied aktiwiteite soos bergfietsry en voetslaan. Gaste kan hul eie fietse saambring, maar moet 'n permit deur Cape Nature bespreek om in die reservaat te ry.
Die area het pragtige bekroonde wynplase wat verken kan word en daar is verskeie lieflike restaurante in Franschhoek wat gaste kan besoek. Die Franschhoek Motormuseum is ook 'n gewilde trekpleister en is 10,3 km vanaf La Ferme geleë.
Daar is verskeie wynplase in die buurt, soos Lynx, Topiary, Freedom Hill of Eikehof, wat wynproeë aanbied. Net 'n entjie se ry vanaf hierdie verblyf kan restaurante by La Paris Estate, Lynx, Topiary of Antonij Rupert gevind word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tim Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 48
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink La Ferme het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 1411, Paarl-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang