Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

La Grace

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leonardolaan 5, Bonaero Park, Kempton Park, 1622, Gauteng
  • Vanaf R799 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Grace bied gerieflike selfsorgverblyf in Bonaero Park, Kempton Park, net 8,3 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Dié gastehuis bied verblyf in 7 pragtig ingerigte kamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Die kamers het gemaklike koningingrootte-beddens, sagte duvets, skoon linne en privaat ingange. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis. Ander geriewe sluit lugversorging, strykysters, tee- en koffiemaakgeriewe en badseep in.

Veilige parkeerplek is agter afstandbeheerde hekke beskikbaar. Verder is die verblyf naby Pumula Privaat Natuurreservaat, Blaawpandam en 'n verskeidenheid restaurante en winkels in die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nadia H
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige gastehuis. Naby aan Lughawe. Kamer het goeie dekor. Die gastehuis is baie naby aan die Lughawe en maak jou reistyd soontoe lekker kort. Die h...
Sien meer
Feb 2025
Wilna T
5.0
Fantasties lekker om daar te bly en die kamers is ruim en skoon. Dit was absolute plesier om daar te oornag. Kamers baie modern en netjies. Sal vir se...
Sien meer
Des 2024
Jo-ann D
Besigheidsreis
4.8
Baie gerieflik. Net oornag gebly, was aanvaarbaar.
Jan 2025
Linda V
Saam met vriende
4.6
Baie lekker. Ja, baie aangenaam en netjies.
Des 2024
Barney V
Saam met lewensmaat
4.4
Alles was skoon, en na verwagting. Alles was na verwagting, maar sou graag melk in die kamer wou hê i.p.v. poeiermelk.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Joel Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 maande

Ligging

  • Leonardolaan 5, Bonaero Park, Kempton Park, 1622, Gauteng
  • Gaste dink La Grace het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 799
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 799
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leonardolaan 5, Bonaero Park, Kempton Park, 1622, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0bd2e8882a3ed8bc06b1586c751c379be401106503e2f3457f771187724307bcac2f6ffb55eb71cef80554dbc951150d7b8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R799 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 5 Leonardo Avenue Bonaero Park 1622 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.1245788 28.257667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456