La Gratitude Self-catering Villa
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Village du Reservoir 4, Reservoir Oos-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
La Gratitude is 'n ruim selfsorg-villa met 3 slaapkamers wat in die bekoorlike dorpie Franschhoek in die Kaapse Wynlande geleë is. Dit is een van die oudste dorpe in die Republiek van Suid-Afrika en dis omtrent 75 km van Kaapstad af geleë. La Gratitude het oorgenoeg spasie en dis die ideale selfsorgverblyf vir 'n groot gesin of groep vriende wat saam reis.
Die verblyf word aangebied in 3 en suite-slaapkamers waarvan 2 koningingrootte-beddens het en die ander 2 enkelbeddens het. Die enkelbeddens kan in 'n koninggrootte-bed omskep word op versoek. Elke kamer het 'n TV met DStv, lugversorging en 'n kluis. Die hoofsitkamer het 'n grootskerm-TV, lugversorging en 'n kaggel. Op die boonste vloer is daar 'n tweede sitkamer met 'n musieksentrum. Die ten volle toegeruste oopplan-kombuis het 'n ontspanne eetarea met kroegstoeltjies.
La Gratitude het 'n privaat plonspoel en onderdakbraaiplek en 'n eetarea buite op die stoep. Verder is daar 'n alarmstelsel en gewapende reaksie van 'n sekuriteitsmaatskappy om jou veiligheid te verseker. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis en 'n klein kluis vir waardevolle items. Die villa is in 'n veilige kompleks geleë en dis net 'n paar minute se stap van die dorp se hoofstraat met al sy winkels, koffiewinkels en restaurante af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Hannes Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Village du Reservoir 4, Reservoir Oos-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink La Gratitude Self-catering Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Village du Reservoir 4, Reservoir Oos-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang