Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Motte Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Motte Gastehuis is langs die N5 geleë, net 4 km buite Bethlehem in die rigting van Kestell en Harrismith. Hiér kan gaste die natuurskoon en die rustigheid van die Oos-Vrystaat geniet. Dit is ideaal vir oornaggaste, sakereisigers en ouers wat sporttoernooie wil bywoon.

Die gastehuis bied slaapplek in 6 kamers vir 12 tot 17 gaste. Daar is 2 slaapkamers in die kothuis, 3 buitekamers en 1 solderkamer in die plaashuis.

Al ses kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort of stort-oor-bad. Skoon linne, handdoeke en elektriese komberse word voorsien. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, DSTv en gratis WiFi in.

Tortelduif is in die kothuis en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n badkamer met 'n stort. Jangroentjie is in die kothuis en het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Houtkapper is in die plaashuis en het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort-oor-bad. Kokkewiet is 'n solderkamer in die plaashuis en het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en badkamer met bad. Tinktinkie is 'n klein kamer in die plaashuis met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort. Tarentaal is 'n losstaande kamer en het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort.

Elke kamer het 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, braaitoerusting, tee- en koffiemaakgeriewe en beskuit. Tortelduif en Houtkapper is selfsorgeenhede. Buite is daar 'n stoep, tuin, braaigeriewe, swembad en plek vir kinders om te speel.

Clarens, Golden Gate-Hoogland Nasionale Park en Fouriesburg is van die nabygeleë plekke wat gaste kan verken. La Motte Gastehuis is langs Lavender Hill Wedding Venue geleë.

Kom geniet ouwêreldse gasvryheid en 'n plaasstyl-ontbyt wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 131 resensies vir La Motte Gastehuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Francine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 131

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink La Motte Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE2Mjc0MDJlLWVjOTAtNGRkMi05NjI4LWUyMzc1ODhjNjg3OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 131 5 1 5 La Motté Preekstoelpad 9700 Vrystaat 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -28.264 28.350027777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang