Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Mustique 4

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 212 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

La Mustique 4 is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Ballito. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n kuswegbreek aangesien die kompleks 'n sprankelende swembad op die perseel het en reg voor die gewilde Granny's Pool-strand geleë is.

Dié woonstel op die grondvloer bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed; net die hoofslaapkamer beskik egter oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die ander 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n eetkroeg met sitplek vir 6 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie sitkamer maak oop op 'n patio met 'n buite-etenstafel en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste kan seisoenale walviskyk vanaf hierdie patio geniet. Daar is 'n enkel toegewese oop parkeerplek vir gaste. Die ligging van hierdie kompleks is 5 minute van 'n verskeidenheid winkels en restaurante af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

2.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
3.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
1.0
Diens
3.0
Veiligheid
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ballito
Accommodation ...

Eiendomme 100+

Resensies 126

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Compensation Beach-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink La Mustique 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 212
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 212
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA26d335ca1b6abe63deaf076a22adbd8259b949feb52900dc96f04c5f65423340831aec41d8c04daefafd8599cfa3c4bcab73?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 212 per nag (plek vir 6) 1 5 1 3 Compensation Beach Road Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.535064 31.222165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang