Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Palma Villas 35

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

La Palma Villas 35 is in Diasstrand, tussen Mosselbaai en Hartenbos, geleë en bied verblyf aan 4 gaste. Dié selfsorgwoonstel het lieflike see-uitsigte.

Dié eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 'n ekstra lang koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien. Gaste moet asb. hulle eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien-tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die sitarea het 'n slim-TV met DStv en Showmax. Gratis WiFi is in die hele woonstel beskikbaar.

Die eenheid het ook 'n binnebraai-area met 'n pragtige see-uitsig.

La Palma Villas 35 beskik oor 'n parkeerplek onder 'n skadunet vir 1 voertuig. Daar is ook parkeerplek vir kuiergaste.

Die gebou het 'n hysbak en die kompleks het 24-uur-sekuriteit. Daar is 'n wag 24 uur per dag aan diens en uurlikse patrollies word gestap om te verseker dat jy en jou voertuig veilig is.

Daar is 'n privaat toegangshek tot die strand wat slegs deur gaste van La Palma gebruik mag word.

La Palma Villas 35 is net 'n entjie se stap vanaf verskeie restaurante, 500 m vanaf die Diaz-waterpark en 2 km vanaf die Langeberg Mall.

Ander besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit 4x4- en bergfietsroetes, die Bartholomias Dias Seevaartmuseum, diepseevisvang, die Kaap St Blaise-vuurtoring en die Garden Route Casino in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Joyce E
Saam met lewensmaat
5.0
Bly plek uit die boonste rakke, omgewing was te besig vir ons. Stunning akkommodasie.
Mrt 2024
Nico M
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n lekker rustige atmosfeer. Kon ons lekker uitrus en 'n wonderlike see-uitsig. Sal definitief weer gaan kuier.
Jun 2023
Fg V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en mooi uitsig. Alles netjies skoon. Sal net graag sien dat daar vir eerste aand en oggend koffie, suiker en melksakkies teenwoordig is. O...
Sien meer
Mei 2023
Mellissa W
Gesin met klein kinders
5.0
We had a marvelous time. We loved everything about the place, we definitely going back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Chantal T
5.0
Rus vir ons siel. Die verblyf was perfek! Pragtige uitsig, heerlik geslaap en die lekkerste area!
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Margaret Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 62

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Palma Villas 35 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 35, La Palma Villas, Beach Boulevard-Oos 41, Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6RzRiPzWPdDMDumA7Uac8GA8GpuAnWSFSTpkYZaD7236pQ9Weu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 62 5 1 5 Unit 35, La Palma Villas 41 Beach Boulevard East 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-21:00 10:00 -34.157303766386 22.109526693821

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang