Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Paris Estate

Hotel
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Paris Estate, Wemmershoekpad, R301, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Paris Estate is op die Wemmershoekpad tussen Franschhoek en die Paarl geleë, en bied toegang tot pragtige wynlandgoedere in die omgewing. Dié lieflike landgoed bied verblyf, 'n restaurant, privaat parkeerplek, 'n buiteswembad en 'n kroeg.

Gerieflike verblyf word gebied in 8 smaakvol gemeubileerde suites met tuin-uitsigte. Die verblyf bestaan uit 3 Junior Suites, 3 Deluxe Junior Suites, 'n 2-slaapkamer-suite en 'n suite met sy eie privaat swembad.

Elke suite is toegerus met lugversorging, 'n slim-TV met Netflix en sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër en 'n klerekas. Elke suite het 'n privaat badkamer met 'n stort, bad en toiletware. Die verblyf sluit 'n à la carte of volledige Engelse of Ierse ontbyt in.

Gaste kan 'n potjie tennis geniet op 'n privaat baan wat deur wilde boorde omring word. 'n Seleksie van tennisrakette en tennisballe is beskikbaar. Die swembad van die hotel is tussen hoë heinings geleë vir privaatheid, en bied sagte ligstoele en sambrele, en word bedien deur die Bistro-restaurant en kroeg.

Die hotel het 'n 24-uur-ontvangs, en bied kamerdiens en bagasieberging vir gaste.

Die eiendom is 8,6 km vanaf La Motte-wynlandgoed, 12 km vanaf Grande Provence Heritage-wynlandgoed en 11,8 km vanaf Franschhoek-motormuseum. Die area is ook gewild vir voetslaan. Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionale Lughawe, wat 64,7 km ver is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • La Paris Estate, Wemmershoekpad, R301, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Paris Estate, Wemmershoekpad, R301, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb8d126ca66ad581ec470da311ea244e150ee6c93596b7a0b7b399aeddb7805bbcbc2acfc847ae53e5ab1b207cf5df801975?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 2) La Paris Estate Wemmershoek Road, R301 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.8414039 19.0149154

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang