Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Peregrina Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Vanaf R370 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

La Peregrina Gastehuis is in die stil woonbuurt Muckleneuk in Pretoria geleë.

Verblyf word gebied in 2 gastekamers, 1 enkel- en 1 dubbelkamer.

Die dubbelkamer het 'n koninggrootte-bed, privaat buitedeur en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die enkelkamer het 'n enkelbed en 'n gedeelde badkamer met 'n bad.

Daar is WiFi, DStv en 'n braai-area. Die huis het 'n tuin en is geskik vir 'n sakereisiger.

Die eenhede is nie toegerus vir selfsorg nie, maar daar is wel tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n verwarmer, waaier en 'n haardroër. Daar is ook 'n strykplank en strykyster in die kamer. Gaste in die enkelkamer het toegang tot die gemeenskaplike sitkamer met DStv. Braaigeriewe is ook op versoek beskikbaar op die lekker patio, wat gedeeltelik onderdak is.
Rook in die huis is verbode. Gaste het toegang tot die patio en kan ook daar rook.

Pretoria het 'n verskeidenheid doendinge, soos perdry by die Voortrekkermonument, wildkyk by Rietvlei Wildreservaat en valskermspring by die Pretoria Skydiving Club.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ruline P
Gesin met tieners
5.0
Heerlike huislike gevoel. La Peregrina is goed ingerig, gerieflik geleë en Ansie is 'n wonderlike gasvrou wat die ekstra myl stap vir haar gaste. Sal ...
Sien meer
Des 2024
Harris H
5.0
Maklik, vriendlik naby aan Loftus. Baie behulpsaam gewees toe ek moes vroeër inboek. Baie netjies en baie vriendelike mense.
Jul 2024
Wouter V
Saam met lewensmaat
5.0
Tuis soos by jou eie huis. Uitstekende verblyf.
Jun 2024
Cinta B
Gesin met tieners
5.0
Fantasties vir oornag. Lekker gebly. Die gasheer is baie vriendelik en behulpsaam. Die woning is netjies en skoon, en die verblyf is goed geleë.
Feb 2024
Christelle S
Saam met lewensmaat
4.8
Ons sal dit vir enige persoon aanbeveel! Baie lekker geslaap, baie gasvry gewees.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Gaste dink La Peregrina Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 370
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 370
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1L8qXviZ5wvFpbO72SvMhO0FKsDQdIFJDBB10fkQ8NuFfzdluh?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R370 per nag (plek vir 1) 52 5 1 5 284 Berea Street Muckleneuk 0002 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.760849493842 28.20413017791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang