Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Pietersia

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breyerlaan 1462B, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

La Pietersia is in 'n boomlynstraat teen die hange van die Magaliesberge in Waverley geleë. Dit is ideaal geleë net 3 km vanaf die N1-hoofweg en 10 km vanaf die Universiteit van Pretoria.

Dié selfsorg-eenheid bied gerieflike slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Alle beddens is toegerus met katoenlinne en vere-duvet. In die leefarea is 'n dagbed wat ideaal is vir 2 kinders en 'n ekstra matras kan op versoek voorsien word.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en oorgenoeg ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n eetarea met 'n 6-sitplektafel. Die ruim binnenshuise vermaakarea het 'n ingeboude braai en 'n eetkamerstel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie eiendom gebruik sonkrag en gaste sal dus nie deur beurtkrag geraak word nie.

Die perseel bied 'n swembad en veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Vir langer verblyf kan 'n reëling getref word vir wasgoed- en of skoonmaakdienste.

Die gebied van Waverley word deur 24-uur sekuriteitspersoneel gepatrolleer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jaco Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Breyerlaan 1462B, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink La Pietersia het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breyerlaan 1462B, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4031eda18229915bf00ff52b2fb73a5e4f470b607c3577d4fb4e748bd945637006fbe8e06ecae9bd442cb27535258cde67e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense 15 5 1 5 1462b Breyer Avenue Waverley 0186 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.698065 28.268834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang