Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Plume Boutique Guest House

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 39 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 900 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

La Plume Boutique Guest House is op 'n werkende volstruis-, lusern- en beesplaas geleë met 'n pragtige uitsig op die Swartberge en oor die Olifantsriviervallei in Volmoed.

'n Hartlike verwelkoming wag op gaste in dié bekoorlike Victoriaanse opstal uit 1902 met sy rustige omgewing waar ouwêreldse bekoring met moderne geriewe gekombineer is om buitengewone diens en persoonlike aandag te verseker.

La Plume bied luuksheid met 'n verskeidenheid verblyfopsies, van 'n kothuis, privaat plaasvilla, luukse kamers, 'n luukse junior suite tot wittebrood- en superieure suites vir 2 tot 6 gaste. Die kamers het privaat ingange en is ingerig met gemaklike beddens en en suite-badkamers. Elk van die individueel gemeubileerde eenhede het lugversorging, satelliet-TV, gratis WiFi, 'n yskassie en 'n oorvloed geriewe.

'n Engelse ontbytbuffet is 'n perfekte begin van die dag en bestaan uit vars vrugtebakkies, 'n keuse van brood en graan, kouevleis en kase, sowel as warm ontbyt met spesiale versoeke op bestelling. Die restaurant bied ook 'n daaglikse middagete-spyskaart of piekniekmandjies aan vir gaste wat die wonders van Klein-Karoo verken. Vir aandete is daar uitsonderlike plaaslike wyn en tradisionele tuisgemaakte kookkuns wat deur die sjef sorgvuldig voorberei is en in die ruim eetkamer by kerslig bedien word. Daar word ook 'n heerlike middagete, middagtee en heerlike kaasborde aangebied.

Sluit aan by Bartel, Karin se man, vir vroegoggendkoffie in die tuinhuis voor 'n voorafgereelde toer deur die werkende plaas, om te leer oor die daaglikse aktiwiteite van 'n voltydse boer, sowel as die reuse-voëls en die beproewinge van met hulle boer.

Die nuutste toevoeging tot die La Plume-ervaring is die spa met 'n verskeidenheid eksklusiewe behandelings wat in die luukse terapie-kamers en 'n unieke Rasul-kamer geniet kan word.

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Langs die R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Plume Boutique Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 3 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 39 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA812be4a98c4642da1dae525c7bc385cd26d2ee639eb66b367d07410a88912d3bc6b5e8724e56f5510a8dd13d804f5a794ff0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Off the R328 Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -33.655654740873 22.085496025696

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang