La Rochelle
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan van Riebeeck-straat 13, Wellington, 7655, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
La Rochelle is 'n 100 jaar oue gerestoureerde Victoriaanse huis in die hartjie van die historiese dorp Wellington.
Hierdie Victoriaanse huis het 3 en suite-kamers, elkeen met 'n privaat ingang en smaakvol gemeubileer met antieke meubels.
Rook is verbode in alle kamers en ons versoek dat gaste alkohol verantwoordelik gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar, TV's in al die kamers, klein kombuisie met mikrogolf en yskas.
Geniet 'n uitsig oor die wingerd en op die berge vanaf die skaduryke stoep. Die groot tuin het 'n plonspoel en baie spasie om te ontspan.
Die eienaars woon saam met hulle honde op die perseel en daarom word ander troeteldiere nie toegelaat nie.
Wellington is slegs 65 km vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe en 'n skrale 400 meter vanaf die CPUT-kampus, Hugenote Kollege, Breytenbach Sentrum, verskeie trou-lokale, 'n gholfbaan, Bain's Whiskey en wynplase.
Wellington is in die hartjie van die Boland geleë, wat dit die ideale basis-verblyfplek maak vir die toeris wat die Kaapse Wynlande, Kaapse Metropool, Weskus, Overberg, Swartland en Bainskloofpas wil verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 126
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Jan van Riebeeck-straat 13, Wellington, 7655, Wes-Kaap
- Gaste dink La Rochelle het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan van Riebeeck-straat 13, Wellington, 7655, Wes-Kaap