La Rosa Dei Venti
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stadler-weg 41, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R20 800 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
La Rosa Dei Venti bied selfsorgverblyf op die strandfront in Bloubergstrand, Kaapstad. Hierdie ruim vakansiehuis bied 'n lieflike uitsig oor die see en op helder dae kan jy tot by Tafelberg aan die anderkant van die baai sien.
Hierdie dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir tot 12 gaste en beskik oor 1 hoofhuis met 7 slaapkamers wat elk lugversorging het, 5 badkamers, 2 gastetoilette en 'n oopplan-leefarea, asook 'n ateljeewoonstel.
Vyf van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en drie van hierdie slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad, of albei. Die sesde en sewende slaapkamers het elk 'n enkelbed en bied toegang tot die vierde en vyfde badkamers wat elk 'n stort het. Vyf van die slaapkamers bied toegang tot 'n groot dek met 'n uitsig oor die see. Die klein ateljeewoonstel het weer slaapplek vir 2 kinders op slaapbanke.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolf, en 'n klompie kookgerei, breekware, eetgerei, 'n Nespresso-koffiemasjien en ander toebehore toegerus wat sorgelose selfsorgverblyf verseker. Daar is ook 'n kleiner kombuis wat meer geskik is vir die voorbereiding an ontbyt.
Die grondverdieping het 2 ruim sitareas, albei met lugversorging en 'n kaggel vir die kouer maande. Die hoofeetarea het sitplek vir 12 gaste en die informele ontbytarea het sitplek vir 8. Daar is 2 gastebadkamers en 'n nutsvertrek wat ten volle toegerus is. Die TV-sitarea het 'n 42"-TV met sekere DStv-kanale en 'n Netflix app, asook 'n kringklankstelsel wat oor die hele grondverdieping strek.
Die hoofleefarea lei na 'n vermaakarea op die dek wat na die see front en het stoepmeubels, 'n ingeboude braai en 'n verhitte swembadjie met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
La Rosa Dei Venti is sowat 20 km van die Kaapse Middestad en 32 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- Stadler-weg 41, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Milnerton Rural Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stadler-weg 41, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang