Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ballito Beach Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandra Place 9, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 956 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ballito Beach Villa is 'n duplekswoonstel op die strand wat 'n asemrowende see-uitsig bied. Hierdie woonstel is net 'n paar treë vanaf Ballito se promenade in KwaZulu-Natal.

Hierdie lieflike woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens lei na 'n balkon. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n dakwaaier. Die eerste badkamer is op die onderste verdieping en het 'n stort. Die tweede badkamer is op die boonste verdieping en het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n oond, elektriese stoofplaat, yskas-vrieskas, wasmasjien, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV waarop gaste by hul eie stroomdienste kan inteken. Daar is 'n groot stoep met 'n Weber-braai en 'n see-uitsig, asook 'n enkeltoesluitmotorhuis en oop parkeerplek.

Die woonstel is troeteldiervriendelik mits dit vooraf so gereël is. Let asb. dat slegs 2 klein hondjies toegelaat word en daar geen heining is nie.

Die kompleks bied direkte strand-toegang tot die 2,5 km lange promenade langs die see. Dit bied ook maklike toegang tot strande waar gaste kan swem en branderplankry. Clarke Bay is reg voor die kompleks en winkelsentrums, restaurante en King Shaka Internasionale Lughawe is ook naby.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jackie F
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome stay. Had an awesome stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Sonia C
Gesin met tieners
5.0
Heerlike ligging, lekker gebly. Lekker loopafstand van swemstrand en eetplekke. Kommunikasie was baie goed gedoen.
Sep 2024
Zandri W
Gesin met klein kinders
5.0
Ballito sien ons beslis weer. Ons het vreeslik lekker gebly! Baie dankie vir die heining!
Jul 2024
Linzi E
Gesin met klein kinders
5.0
Was heerlik! Ons kom graag weer! Ons het heerlik gebly en gerus. Eenheid was skoon en netjies, die ligging was perfek en die veiligheidshekke en diefw...
Sien meer
Apr 2024
Hardus K
Saam met vriende
4.8
Ontspannend. Was die moeite werd. Op die strand, naby eetplekke (loopafstand). Lieflike en gesellige blyplek.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ballito
Accommodation ...

Eiendomme 100+

Resensies 155

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Sandra Place 9, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ballito Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 956
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 956
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandra Place 9, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78ee0fb34da2bb210ad43ca7f3c5cc52c913c9e2c85a755fd9d58bb7be635115ba1aa1ddd06f8868411cf917b1ef25c239ff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 956 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 9 Sandra Place Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.539683166439 31.218965615904

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang