Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La vie Gastehuis

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santolina-laan 126B, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R450 R405 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Vie Gastehuis bied bekostigbare oornagverblyf in 'n bekoorlike gastehuis in 'n rustige woonbuurt in Rustenburg.

Die gastehuis bied slaapplek aan altesaam 8 gaste in 4 aparte eenhede met verhit-en-eetgeriewe. Slegs 3 van die 4 eenhede is met kookgeriewe toegerus.

Eden Rose het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is lugversorging, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Aloe het lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Spelde Kussing het 1 dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskassie, broodrooster, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Hierdie eenheid het geen kookgeriewe beskikbaar nie.

Suikerbos het 2 enkelbeddens, 'n waaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Komplimentêre toiletware en badhanddoeke word voorsien. Die kamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n privaat ingang en 'n kombuisie met kookgeriewe. WiFi is ook beskikbaar.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer is op die perseel beskikbaar. Die erf het 'n elektriese heining en laserstraalsekuriteit reg rondom met 'n motorhek.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Sun City, Hunters Rest Gholfbaan, Rustenburg Kloof, Kgaswane Bergreservaat, Sparkling Waters Spa en Waterfall Mall in. La Vie Gastehuis is langs die N4-hoofweg geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Etienne V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik en netjies. Die gashere was baie vriendelik, en die plek was verskriklik oulik. Sal beslis weer oornag as ons in die omgewing is.
Aug 2024
Michael W
Besigheidsreis
5.0
Good, friendly, quiet. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Lechelle W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tevrede. Baie goeie diens, netjiese kamer, lekker gebly.
Okt 2023
Cheslin G
Saam met lewensmaat
5.0
The best overnight stay. Felicity, the owner of La Vie Gastehuis, welcomed us. We really enjoyed our stay. The place is beautiful and v...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Coenie H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie bekostigbaar, netjies en versorg. Was vir ons lekker om daar te oornag. Melk vir koffie was net suur, maar res was spoggerig, dankie.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Felicity Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Santolina-laan 126B, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink La vie Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R450
R450 R405
per nag (plek vir 2)
Vanaf R450
R450 R405
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santolina-laan 126B, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab48b56473977ad142b8b97d56d2b77b79ba94810ff5e53e2cda193a9843a6c89c0427b060c3161befa04ab8ebf5574f6995?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R450 nouVanaf R405 per nag (plek vir 2) 87 5 1 5 126B Santolina Avenue Geelhoutpark Ext 4 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -25.683444 27.200957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang