Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lafenis Selfsorg

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barney Klaff-straat 24, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Lafenis Selfsorg is 'n oopplan-kamer op die gasheer se erf in 'n stil buurt in Jan Kempdorp, Noord-Kaap. Dit is ideaal vir reisigers wat deurreis en op soek is na gerieflike oornagverblyf, sowel as sakereisigers wat langer moet oorbly.

Die kamer het sy eie ingang, 3 enkelbeddens, waarvan 2 as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie is met 'n yskas, ketel, mikrogolf, lugbraaier, elektriese braaipan, eetgerei en breekware toegerus.

Die kamer bied ook lugversorging, sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n lessenaar wat dit ideaal maak vir sakereisigers. Daar is 'n wasgoeddiens en sekere maaltye kan op versoek en teen ekstra koste voorsien word.

Braaigeriewe en veilige parkeerplek onder 'n skadunet word agter 'n groot elektriese hek op die perseel gebied. Lafenis beskik oor 'n ekstra watertenk en 'n kragopwekker, sodat beurtkrag en watervoorsiening geen probleem is nie.

Jan Kempdorp is sowat 100 km noord van Kimberley en is op die nasionale pad, die N18, wat Vryburg en Mahikeng verbind.

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Dienste

  • Internet koppeling
  • Diens op aanvraag
  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Beatrice W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulike oornag plek. Baie rustig, skoon en gerieflik. Baie voëls in die omgewing. Die eienaar was baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2024
Willem K
Saam met lewensmaat
5.0
Kommerloos, verfrissend, ontspannend, "just what the doctor ordered". Ons het van Nelspruit gereis, was laat, maar die gasvryheid en hulpvaardigheid v...
Sien meer
Apr 2024
Lizé B
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam en huislik. Baie netjies en vriendelik.
Mrt 2024
Ruby K
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing! Excellent, clean, comfortable and cozy. Wonderful welcome. I would recommend to everyone. Feel like a stay in the city. (As a ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Kelebogile M
Gesin met klein kinders
5.0
Peace of mind. The best I'll definitely recommend this place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Stiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Barney Klaff-straat 24, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
  • Gaste dink Lafenis Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Jan Kempdorp Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barney Klaff-straat 24, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68ac3ef84e363d2426f44244fbd28b0d14100e94e79b3d09b55a612cf7454895403c8aa8cabfc32e9765608028e3686ec163?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 3 mense 12 5 1 5 24 Barney Klaff Street Jan Kempdorp 8550 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -27.915122504756 24.848038409787

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang