Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lagoon & Kabeljou

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 399 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Lagoon & Kabeljou bied lieflike selfsorgverblyf in 2 aangrensende kothuise wat ideaal geleë is in Langebaan. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 2 gesinne aan die Weskus, want dit spog met pragtige uitsigte oor die strandmeer, is stapafstand van die water af en het 'n privaat swembad op die eiendom.

Dié eiendom kan altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer en elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Albei kothuise het 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Elke sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Verder het elke kothuis sy eie braaigeriewe. Die eiendom bederf ook met 'n trampolien, 'n tafeltennistafel en 'n dubbelkajak wat gaste op die strandmeer kan gebruik. Vir diegene wat van die strand af terugkeer, is 'n buitestort ook beskikbaar. Buite is daar 'n lieflike houtdek met sonstoele en 'n swembad asook 'n boma-spasie met 'n vuurput.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
1.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Sonia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lagoon-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 399
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 399
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9194ca54c368405456b8b255d99610aaaeab8836224344ef794f52b699ad2b8564ccab10cdb31d4b39db6ffd15fc901e7001?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 399 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 15 Lagoon Crescent Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -33.10134 18.03164

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang