Lagoon Beach 225
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Gate-rylaan 1, Lagoon-strand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 125 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lagoon Beach 225 is 'n moderne selfsorgvakansiewoonstel in Milnerton wat met asemrowende uitsigte oor die see spog.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede badkamer 'n bad, wasbak en toilet het. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, mikrogolf, wasmasjien, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 en dié area lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV waar gaste met hulle eie besonderhede kan inteken. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is ononderbroke kragtoevoer vir kragonderbrekings
Die groot balkon strek om die woonstel en bied 'n uitsig oor die see waar gaste ook hul oggendkoffie kan geniet.
Gaste het toegang tot die die gemeenskaplike swembad en 24 uur-sekuriteit is beskikbaar. Hierdie woonstel is ongeveer 13 km vanaf die middestad en bied maklike toegang tot die lughawe, wynplase, dorp, gholfbane en ander Wes-Kaapse besienswaardighede.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 50
Resensies 53
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Lagoon Gate-rylaan 1, Lagoon-strand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Gate-rylaan 1, Lagoon-strand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap