Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lagoonside @ 77

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R808 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lagoonside @ 77 spog met 'n uitstekende ligging, net 80 m vanaf die pragtige strandmeer en het 3 aparte selfsorgeenhede. Daar is 'n dek met braaigeriewe en 'n uitsig oot die strandmeer. Dit is ideaal vir skemerkelkies.

Die verblyf is ideaal vlieƫrbranderryers met die strand om die draai. Daar is ook 'n buitestort.

Eenheid 1 en 2 het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n TV en kombuisie met 'n mikroglf, yskassie, ketel, eetgerei en kookgerei. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring. Daar is ook 'n verwarmer teen die muur, elektriese komberse en 'n waaier. Gaste het toegang tot 'n draabare braai. Eenheid 2 het 'n groter yskas en stort. Beide eenhede het Trellidoors en diefwering.

Eenheid 3 is 'n selfsorg-strandkothuis met 3 slaapkamers, waarvan 2 dubbelbeddens het en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer het ook 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en wasbak. Die aparte badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, binnebraai, en daar is 'n buitebraai. Dit lei na 'n privaat stoep. Die leefarea het 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Die TV is aan 'n omsetter gekoppel wat ononderbroke kragtoegvoer tydens kragonderbrekings verseker. Elke slaapkamer het Trellidoors en diefwering vir veiligheid. Die husi het ook 'n gasstofie in die geval van kragonderbrekings.

Al 3 eenhede het hul eie afstandbeheerders vir die hek en alarm. Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter die hek. Gratis WiFi is beskikbaar in al 3 eenhede en die WiFi, alarmstelsel en kameras is aan 'n omsetter gekoppel vir kragtoevoer in geval van beurtkrag.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • VoĆ«lkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 227 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Josef O
Saam met vriende
5.0
Baie lekker rondgerits en gekuier. Vir seker die beste verblyf tydens ons toer.
Aug 2024
Elsie M
Saam met lewensmaat
5.0
10/10 was hartseer om gisteroggend toe ons moes vertrek, dit voel soos huis. Dankie vir jou gasvryheid, ons het lekker gebly. Dankie vir jou omgee vir...
Sien meer
Sep 2024
Mario V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker! Ontspannend, veilig, netjies. Dit was fantasties lekker gewees, die tyd het te vinnig verby gegaan. Ons wou nie huistoe gaan nie.
Aug 2024
Bertie Louw H
5.0
Peaceful. Safe and relaxing. I enjoyed it, I would recommend it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Linton P
5.0
Comfort, cozy, cost effective. Absolutely amazing. The host was brilliant and the facility is awesome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anna-Maria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 227

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lagoonside @ 77 het ā€™n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R808
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R950 R808
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofstraat 77, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALpSFeGmASIaZQoUbW1PKDyc0hr0jsHuzlRppKnlexYHsA7NZrR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R808 per nag (plek vir 2) 227 5 1 5 77 Main Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 11:00 -33.086325 18.031563888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ā€™n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang