Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laguna Beach B8

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Andrews-rylaan, Greenways Gholflandgoed, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 999 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Laguna Beach B8 is 'n pragtige selfsorg-eenheid wat in die pragtige Greenways Gholflandgoed in Strand geleë is en is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien die landgoed 'n verskeidenheid doendinge op die perseel bied.

Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en sluit 'n en suite-badkamer met 'n stort in. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die hoofleefarea beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Youtube en 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kry veilige parkeerplek in 'n enkelmotorhuis wat 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër insluit. Deur die skuifdeure is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek wat die ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl jy oor die dam uitkyk.

Die landgoed beskik oor 'n gemeenskaplike swembadarea met braaigeriewe asook 'n klubhuis, 'n restaurant, 'n tennisbaan en 'n gholfbaan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 1 resensie vir Laguna Beach B8
Netheid
2.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • St. Andrews-rylaan, Greenways Gholflandgoed, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laguna Beach B8 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 999
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 999
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Andrews-rylaan, Greenways Gholflandgoed, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd782eca18c589e5bdbcf438a1ecdd95bab59ae89f26878d17af58446ac23e629d7e08b0c33300784215176d67eab2b76c38?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 999 per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 St Andrews Drive Greenways Golf Estate 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1259728 18.8372362

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang