Laguna La Crete 168
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvey-laan 5, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R580 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Laguna La Crete 168 is is 'n selfsorgwoonstel in die veilige Laguna La Crete-kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die area. Boonop is dit net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre en verskeie restaurante aan die pragtige Suidkus.
Dié woonstel is op die grondverdieping en het slaapplek vir 5 gaste. Dit beskik oor 2 kamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed wat 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo het. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n stort en 'n bad het.
Die kompleks het sy eie skoon watertoevoer wat onafhanklik van die plaaslike netwerk is.
Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en 'n stoof, asook ander toebehore toegerus. WiFi is in die eenheid beskikbaar.
Die aangrensende sitarea het 'n slim-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder saamring, maar geen Exploras nie.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek vir gaste se voertuie, asook 24 uur-sekuriteit op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Andre Nel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Selvey-laan 5, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Laguna La Crete 168 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beacon Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selvey-laan 5, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang