Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lahani Lodge

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Benoni-weg 174A, Benoni-Noord, Benoni, 1500, Gauteng
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Adri en Ertjies verwelkom jou by Lahani Lodge. Hierdie lodge maak hoofsaaklik voorsiening vir reisigers wat op soek is na 'n rustige blyplek en 'n huislike atmosfeer. Die gastehuis is in Benoni geleë, net 15 minute se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe af. Klop by ons aan vir akkommodasie en gasvryheid wat jou aan die platteland sal herinner. Ons is ver genoeg van die stad se rumoer af en die lodge het 'n asemrowende uitsig oor die Bullfrog-pan.

Elke kamer is toegerus met DStv, 'n en suite-badkamer, kombuisie met mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei, en 'n skoonmaakdiens is ingesluit. Verder het elke eenheid ook 'n privaat veranda met 'n uitsig oor die tuin. Buite is daar 'n klipdam, trampolien, braaigeriewe en veilige parkering.

Benoni staan bekend as 'n stad van mere en toe die eerste pioniers hier aangeland het, het die omgewing bestaan uit golwende grasvelde, vleiland en kaal heuwels. Die stad se bestaan is te danke aan hierdie pioniers se goudlus. Vandag, meer as 100 jaar later, is Benoni 'n klein stad, maar baie van die mere is bewaar so die natuur is nie te ver nie. Lahani Lodge het 'n uitsig oor een van hierdie mere en die voëllewe in die omgewing is pragtig.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Riaan N
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Baie lekker en netjies.
Des 2024
Peet J
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf met alles wat mens benodig. Adri was 'n uitstekende gasvrou. Ons het 'n musiekfees bygewoon, so ons in- en uitkloktye was uniek en...
Sien meer
Okt 2024
Marinda H
5.0
Fantastiese verblyf. Pragtige rustige plaasatmosfeer, met lekker breë parkeerplekke. Baie dankie vir alles.
Sep 2024
Jaqueline O
5.0
Absoluut rustig, beste diens, veilig, perfect. Dit was perfect, goeie diens.
Apr 2024
Steve M
Saam met lewensmaat
5.0
Everything was absolutely perfect. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Benoni-weg 174A, Benoni-Noord, Benoni, 1500, Gauteng
  • Gaste dink Lahani Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Benoni-weg 174A, Benoni-Noord, Benoni, 1500, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiNGZlODc1LTkzZjYtNDE2OC1iYWE4LWUyYmE3ZTk0MTk3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 174A, Benoni Road Benoni North 1500 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.135193492295 28.315490484238

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang