Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lake Brenton Paradise

Selfsorg
Spesiale Aanbod 14% af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mrt 2024 tot 28 Feb 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Captain Duthie-laan, Brenton Park 19, Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 R1 886 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Lake Brenton Paradise bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamerhuis in Brenton Park-kompleks in Brenton. Die kompleks is 400 m vanaf die Knysna-strandmeer en 4,3 km vanaf Brenton-strand wat wandelroetes met pragtige uitsigte na Buffelsbaai en die Fisherman-voetpad langs die krans bied. Brenton Park is kindervriendelik en sentraal geleë met toegang tot restaurante, 'n speelpark en 'n winkeltjie.

Die huis bied verblyf aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV.

Die huis het ’n toesluitmotorhuis en ’n stoorkamer.
Daar is 'n onderdak patio met 'n etenstafel en stoele en ingeboude braaigeriewe. Gaste kan bokke, tarentale, eende, voëls, hase en die skaam Knysnaloerie sien.

Die huis het 'n kragomsetter en 'n paar herlaaibare ligte wat help vir beurtkrag. Daar is ook 'n motorhuis/stoorspasie vas aan die kothuis.

Brenton Park bied 'n gemeenskaplike swembad, tennisbane en 'n speelgrond vir kinders. Gaste kan restaurante, voetslaanroetes en verskeie uitkykpunte langs die skiereiland met pragtige uitsigte oor Knysna en die strandmeer vind. Brenton Park is 14,6 km vanaf Knysna en 26,9 km vanaf Sedgefield.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Captain Duthie-laan, Brenton Park 19, Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lake Brenton Paradise het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 886
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 886
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Captain Duthie-laan, Brenton Park 19, Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07ecd274d9d825dc5cb42db914d931d60578622a3cb2e4999597c3e2ef054df90a6753129215c86b0d13f9ad11107057162f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 200 nouVanaf R1 886 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Captain Duthie Avenue 19 Brenton Park, Brenton 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.058462 23.028047

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang