Lake Grappa Guest Farm
- Kapasiteit: 257 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vroeë Son, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
- Vanaf R420 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Lake Grappa Guest Farm voorsien rus vir die liggaam en gees in 'n stukkie ongerepte paradys. Hierdie gasteplaas skuil in die hartjie van die Groen Kalahari en word omring deur wingerd wat tafeldruiwe oplewer.
Daar is verskillende verblyf-opsies by hierdie gasteplaas: 1 van 4 selfsorg-chalets, 1 van 8 selfsorgkamers. Al die selfsorg-chalets het lugversorging en kombuisies wat toegerus is met yskas-vrieskaste, stowe, mikrogolfoonde, ketels en broodroosters. Gaste kan heerlik ontspan in die sitkamers of binnebraai-area. Elke chalet het 'n badkamer met 'n stort, handdoeke en toiletware. Die eenslaapkamer-chalets is ingerig met koningingrootte-beddens en die tweeslaapkamer-chalets het elk 'n koningingrootte- en 2 enkelbeddens. Gaste kan hul etes in die restaurant geniet. Braaipakke, slaai en ander bykosse kan ook gereël word.
Die gesinskamers het uitsigte oor die meer en is ingerig met koningingrootte- of enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, handdoeke en toiletware. Elke kamer het ook lugversorging en 'n TV met DStv. Twee van die kamers skakel met mekaar, en al die kamers het uitgange na die stoep. Maaltye word in die restaurant by die klubhuis bedien.
Gaste kan rustig ontspan met 'n skemerkelkie in die kroeg na 'n lang dag. Etes word daagliks bedien en pizza is beskikbaar op Vrydae-aande en Saterdae. Daar is ook 'n lieflike bymekaarkomplek wat uitkyk oor die Grappa Meer - die ideale plek vir troues en konferensies.
Die restaurant-ure is van 07:30 tot 17:00 op Maandae tot Donderdae, 07:30 tot 23:00 op Vrydae en 08:00 tot 17:00 op Saterdae. Op Sondae is die restaurant gesluit behalwe vir ontbyt vir gaste. Etes kan vir nagte wanneer die restaurant nie oop is nie gereël word. Daar is ook 'n klein speelarea vir die kinders.
Gaste kan die ontsagwekkende Augrabies Waterval besoek wat net 20 km van die gasteplaas af is. Ander doendinge sluit die volgende in: staproetes en visvang langs die Oranjerivier, kanovaarte, wildritte, 4x4-roetes, bergfietsry en voëlkyk in die omgewing. Gaste kan ook hul eie uitvoergehalte-tafeldruiwe pluk of op die stoep ontspan met 'n glasie wyn in die hand terwyl hul hulself in die natuurskoon verlustig.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Surina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Vroeë Son, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
- Gaste dink Lake Grappa Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 257 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vroeë Son, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang