Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lakeview Cottage

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Baobab Pad, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Vanaf R820 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Cullinan Lakeview Cottage is net ‘n halfuur se ry vanaf Pretoria en sowat ‘n uur vanaf Johannesburg. Die kothuise is in ‘n stil deel van Cullinan, net ‘n entjie vanaf Petra-myn met ‘n ongelooflike uitsig oor Cullinan-meer.

Kothuis 1 beskik oor 3 kamers waarvan 2 en suite is en die ander ‘n aparte badkamer het. Daar is ‘n gemeenskaplike sitkamer, eetarea en kombuis. Die kothuis kan per kamer of in geheel bespreek word. Die kothuis het ‘n stoep en ‘n beskutte braai-area. Daar is ook ‘n skaduryke tuin met rustieke kuns. Daar is ook ‘n buitebraai en sitarea.

Kothuis 2 is groter en het slaapplek vir 10. Dié kothuis beskik oor 4 kamers. Die eerste en tweede kamer het ‘n dubbelbed, die derde kamer het 4 enkelbeddens en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 en suite-badkamers en 2 aparte badkamers. Daar is ook ‘n kombuis, beskutte stoep met braaigeriewe en ‘n tuin met ‘n ryk voëllewe.

Die kothuise is perfek geleë sodat jy die meeste van jou verblyf hier kan maak. Dit is in die laat 1930's gebou en weerspieël baie van die argitektuur wat kenmerkend is van die streek. Van wittebroodpaartjies tot sakereisigers sal die gerieflike kothuise geniet. Ons sal met ons hartlike gasvryheid jou sommer al met die intrapslag so tuis soos by jou eie huis laat voel.

Die rustige omgewing het die ideale ligging en die verblyf is sentraal geleë as jy sake moet doen of deur die dag van die doendinge in die dorp wil geniet. Zau Spa is 300 m van die gastehuis af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 3 Baobab Pad, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Gaste dink Lakeview Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R820
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R820
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Baobab Pad, Cullinan, 1000, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0YjdkMDdiLTY5YzctNGM5ZS04NTA0LWRkNjZjZDI5YTVjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R820 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 3 Baobab Road Cullinan 1000 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.664820637279 28.515695441674

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang