Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lalani B&B and Self-catering Cottages

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zeekoegat E12, Kleinkuisrivierweg, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lalani B&B and Self-catering Cottages is op 'n kleinhoewe net buite die lieflike plaasdorp, Riversdal, geleë en bied gerieflike akkommodasie in 'n rustige omgewing, omring deur groen bome en lowerryke tuine.

Verblyf is beskikbaar in smaakvol versierde en suite-dubbelkamers en 2-enkelbedkamers met privaat ingange. Die kamers beskik oor elektriese komberse vir koue nagte, plafonwaaiers vir warm somersdae, tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale, yskassies en WiFi. Gaste kan 'n lieflike ontbyt soggens geniet en tuisgekookte maaltye is saans op versoek beskikbaar. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe.

Ons het nou ook 2 selfsorgkothuise. Elke kothuis het 2 slaapkamers, 'n badkamer met stort, 'n sit- en eetarea en 'n kombuisie. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die vriendelike gasheer en gasvrou, Jurie en Suzette, kan restaurante in die omgewing aanbeveel en vir jou besprekings maak.

Hier by Lalani kan gaste 'n ware plattelandse ervaring beleef waar skape op die plaas wei en die inwonende borderkollies die skape saamjaag. Riversdal is net so 40 km van Stilbaai af. Gaste kan staproetes teen die Slapende Skoonheid-berg aanpak of die Korentepoortdam besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Bevan S
Gesin met klein kinders
5.0
We enjoyed our stay. Ideal for a big group of people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Lidia D
Gesin met tieners
5.0
Baie rustig en gasvry. Dit was fantasties. Skoon en baie vriendelike mense. Sal vir seker weer daar bly.
Sep 2024
Hester H
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik! Baie lekker en gemaklik.
Jul 2024
Ansie S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi, skoon, stil en rustige plek met die lekkerste ontbyt. Baie dankie vir die gulde ontvangs! Baie dankie vir die hulp met ons bagasie.
Mrt 2024
Hans W
5.0
Baie goed. Wonderlike ervaring!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Zeekoegat E12, Kleinkuisrivierweg, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lalani B&B and Self-catering Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zeekoegat E12, Kleinkuisrivierweg, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFiODhlYzc0LTdkMGYtNDVjMC1iN2NjLTk0NjIwNzBlOWM3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 E12 Zeekoegat Kleinkuisrivier Road 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.080371074097 21.271202266216

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang