Lalapanzi Hotel
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Xanthe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 11 jaar
Opsomming van Resensie
Sarie P - Mei 2022
Algehele gradering
Baie mooi plek.
Christo S - Jan 2020
Algehele gradering
If they clean the place properly, wash the bedding and towels properly, I will recommend them. Food very expensive.
Jan M - Mei 2019
Algehele gradering
Ietwat teleurstellend, maar tog beïndruk met Inga se tegemoetkomendheid.
Lees meerRonel V - Nov 2018
Algehele gradering
Lekker beddens en kussings.
Lees meerMarisa C - Aug 2018
Algehele gradering
Gemaklike kamers, skoon en gerieflik geleë.
Liezl W - Jun 2018
Algehele gradering
Baie skoon, maar geen warm water gehad nie, nie die aand of oggend nie. TV se kanale was onkykbaar, eers teen 20:00 kom instel die aand.
Lees meerFrances R - Mei 2018
Algehele gradering
Baie vriendelike atmosfeer.
Elizabeth M - Sep 2017
Algehele gradering
Goeie diens, instandhouding kort aandag.
De Wet V - Jul 2017
Algehele gradering
Uiters swak!
Lees meerLalapanzi Hotel se terugvoer
Goeiedag Mnr. De Wet
Ons waardeer altyd kliënte se terugvoering hetsy dit goed of sleg is sodat ons altyd op ons hoede kan wees en die beste kliënte diens kan gee.
Eerstens wil ons net graag groot onverskoning vra vir u ervaring by Lalapanzi Hotel, en ons hoop om u weer terug te verwelkom in die toekoms om te kan opmaak vir al die onaangenaamheid.
Ek wil net graag bietjie agtergrond gee oor die hotel. Die hotel was in 1947 gebou deur 'n Mev. Wilkonson wat nie langer was as 1.5 m nie, en dit het begin as 'n koffie stop en toe later uitgebrei na 'n hotel. Sy het letterlik met haar voet merke op die grond gemaak waar hul gebou het en sy het gewys waar deure, vensters ens. ingesit moet word en soos u self kan indink, sou haar arm nie hoër as so 1.8 m kon wys op 'n muur nie. Ons het nou al intussen meeste van die kamers oorgedoen en standaard deure ingesit, maar ongelukkig is kamer 10, 1 van 2 eenhede wat nog gedoen moet word en ons is vreeslik jammer vir hierdie ongerief van 'n lae deur.
Ons doen deurentyd inspeksie, onderhouding en opknapwerk in alle kamers en soms is dit moontlik om iets oor te slaan en daarom waardeer ons ook altyd as 'n kliënt by ontvangs iets kom rapporteer sodat ons dadelik aandag daaraan kan gee.
Ons het ook intussen nou die verwarmer vervang en dankie dat u ons in kennis gestel het daarvan.
Kamer 9 het 'n splinternuwe matras in, so ons neem aan u praat dan van kamer 10 se matras, weereens dankie dat u dit uitlig. Ons kyk graag dan na die probleem.
Baie jammer oor die spyskaart seleksie wat nie volledig in voorraad was nie. Ons kyk ook dan graag daarna en maak die nodige veranderinge, verder is dit dan ook die kelner se verantworrdelikheid om te kyk dat alles op die bord is wat uitgaan na die kliënt. Die kelner moes kyk vir die appelsous, en die nodige stappe word dan ook geneem teenoor die kelner. Die afgelope ruk het ons vreeslik gesukkel om die regte grootte vark tjops te kry en toe besluit dat dit dan maar beter sal wees om net 1 groot tjop te kry. Ons is ook huidiglik besig om die spyskaart op te dateer.
Weereens wil ons by Lalapanzi net graag vir u onverskoning vra vir u eerste ervaring by ons. Ons vra ook dan net graag dat u asseblief eers by ontvangs of bestuur u bekommernisse meedeel om te kyk of ons nie dadelik na u behoeftes kan omsien terwyl u nogsteeds hier is nie.
Vriendelike groete
Xanthe Joubert
Jaco M - Apr 2017
Algehele gradering
Aangenaam. Netjiese kamer en goeie prys.
Karin C - Feb 2017
Algehele gradering
Lekker gebly.
Jan M - Nov 2016
Algehele gradering
Oulike bestemming naby die snelweg.
Lees meerLalapanzi Hotel se terugvoer
Goeiedag,
Baie dankie vir die vriendelike woorde, altyd lekker om sulke boodskappe te lees.
Sal u asb. indien moontlik, die verklaring vir ons ook op TripAdvisor gaan skryf.
Baie dankie.
Xanthe Joubert
Sonita S - Aug 2016
Algehele gradering
Rustige en ontspanne atmosfeer met baie behulpsame en vriendelike personeel.
Lalapanzi Hotel se terugvoer
Goeiedag, baie dankie vir die vriendelike woorde en die goeie terugvoering, ons weet dit vat altyd meer moeite en tyd om 'n goeie verslag te skryf. Ons waardeer u skrywe en hoop om u vining weer terug te verwelkom.
Vriendelike Groete.
Xanthe Joubert
Julie S - Jul 2015
Algehele gradering
Altyd gelukkig met die diens by Lalapanzi.
Lalapanzi Hotel se terugvoer
Goeiedag
Baie baie dankie vir die mooi woorde, altyd lekker om sulke goeie terugvoering te kry, ons waardeer dit baie en hoop ons kan ons skoene volhou.
Vriendelike groete
Xanthe Joubert
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Bandelierkop, Louis Trichardt, 0920, Limpopo