Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lali's Guest House

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stuartstraat 86, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Vanaf R700 R630 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lali's Guest House is in 'n stil woonbuurt aan die voet van Platberg in die rustige dorpie Harrismith geleë en bied gerieflike verblyf in 'n pragtige Victoriaanse huis.

Die huis is in die vroeë 1940's gebou en spog met oorspronklike oregonhoutvloere en 'n regte Ouma-se-huis-atmosfeer. Dit is later as 'n sendinghuis vir die leraar van die plaaslike NG Kerk gebruik. Die gastehuis is ideaal geleë as 'n halfpadstop tussen Johannesburg en Durban.

Verblyf word in 6 gastekamers gebied, wat elk met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, tee, koffie, beskuit, klerekas, lessenaar en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad toegerus is. Een van die kamers het 'n stort en 'n bad. Elektriese komberse en verwarmers word in elke kamer voorsien, en 2 van die kamers is vir selfsorg toegerus en sluit 'n oondjie en tweeplaatstoof in.

Die kamers is smaakvol gemeubileer en versier om die atmosfeer van die huis te komplementeer. Drie van die kamers bied toegang tot die tuin waar gaste heerlike eet- en drinkgoed uit die kombuis kan geniet.

'n Volledige Engelse/Ierse of 'n vegetariese ontbyt kan teen 'n ekstra koste bedien word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.0
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Monnique V
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was koud maar die kamer was warm en snoesig. Rustig en warm aand gehad. Gastehuis se restaurant was op bystand vir ons.
Jun 2024
Hannes B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly, al was dit net die een aand, die kamer was lekker ruim, en die atmosfeer was net reg om te ontspan en voor te berei vir...
Sien meer
Apr 2024
Petro P
5.0
I give this guesthouse 10/10. Absolutely wonderful. Beautiful clean room. Kind host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Charmaine S
Gesin met tieners
5.0
Was net 'n oorstop oppad Suidkus toe, maar was baie lekker, netjies en skoon. Was very enjoyable. Friendly service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Naomi M
Saam met lewensmaat
5.0
Was nog nooit teleurgestel nie. Ons gaan altyd terug, want ons voel welkom en alles is altyd reg en mooi en skoon. Persoonlike aandag is baas.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 160

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Stuartstraat 86, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Lali's Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R700 R630
per nag, vir 2 mense
Vanaf R700
R700 R630
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stuartstraat 86, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4ade8313b87527e0967dddf165f250418e917306d826ffe3f9c04b11bfc6776c151d92615e1eb6d32169c011e39168ce2d67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R630 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 86 Stuart Street Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.2771717 29.1346111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang