Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lambert's Bay Seafront

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 86, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 R720 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Lambert's Bay Seafront bied verblyf in die stil deel van Lambertsbaai. Geniet die klanke van die branders wat teen die rotse breek of die seemeeue se krete waar hulle die lugruim patrolleer.

Ons bied verblyf in 3 eenhede. La Mer het slaapplek vir 6 gaste in 2 dubbelkamers met en suite-badkamers en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Le Magnifique het slaapplek vir 3 gaste met 'n volledige kombuis. Le Petit is ideaal vir 'n paartjie en het slegs basiese selfsorg-geriewe. Al die eenhede kry lekker son en het ononderbroke uitsigte oor die see. Nie net is die eenhede goed gemeubileer en toegerus nie, maar dit is ook net 'n kort stappie vanaf die plaaslike winkels.

Lambertsbaai is 'n juweel van 'n kusdorpie wat sy oorsprong as 'n nederige vissersdorp het.

Daar is nie daaglikse skoonmaakdienste nie, maar skoonmaakdienste kan wel vooraf, teen 'n ekstra koste, gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Robbie R
Saam met lewensmaat
5.0
Puik plekkie. Baie netjies en goed geleë.
Sep 2024
Liezel Bester B
Gesin met klein kinders
5.0
Dankie vir jou pragtige plek en goeie diens. Mooi uitsig oor die see. Baie lekker, lieflike plek, baie goed ingerig.
Sep 2024
Lewana H
Saam met lewensmaat
5.0
Lambert's Bay Seafront was a pleasure. We only stayed for the one night. Minette was fabulous and assisted us with information pertaini...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
M S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig oor die see met ongelooflike sonsondergang. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2024
Hennie V
Saam met lewensmaat
5.0
Die plek is baie goed ingerig, baie mooi, skoon, goeie uitsig op die see. Ja, het baie lekker gekuier. Die plek is naby alles, baie mooi uitsig op die...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Minette Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 451

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Strandstraat 86, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lambert's Bay Seafront het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R 800 R 720
per nag (plek vir 3)
Vanaf R800
R 800 R 720
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 86, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1NjJmYWUxLTI0NzUtNDJiYy04YTk2LWUxOWI4ZTQxODVmZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R720 per nag (plek vir 3) 124 5 1 5 86 Strand Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.099738 18.304543

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang