Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langfontein Farm Cottages

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Chris V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Siels voeding. Een van ons lekkerste vakansie oor slaap, net jammer dit was so kort. Hier het ons sielsrus geniet en die uitsig van alle kante af is asemrowend. Baie goeie diens, Johanna het ons vriendelik ontmoet en die lekkerste brood vir ons gelos. Beveel ten sterkste aan, sal nie spyt wees nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Chris, dis so lekker om te hoor julle het die verblyf op Langfontein geniet. Dankie vir die terugvoering. Ons waardeer dit. Hoop ons sien julle weer in die Karoo. Groete Marliza

Gerda K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Sal weer en weer gaan al ry ek nie meer fiets nie. Wat 'n belewenis tussen die berge. Verblyf is puik en diens is baie goed. Vir mense met kinders wat loop / speel en fietsry is die plek die go-to plek. Die geriewe is puik en die plek is skoon met 'n warm atmosfeer. 10 uit 10.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Gerda, dis so lekker om te hoor dat julle Langfontein geniet het. Baie dankie vir jou terugvoering. Ons hoop regtig julle kom weer en weer terug. Groete, Marliza

Christo P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Pragtige uitsig 360 grade. Heerlike atmosfeer in ruim plaashuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Christo, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is so bly julle het die plaashuis en die atmosfeer geniet. Ons hoop ons sien julle weer. Groete Marliza

Steve V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Awesomerowend! Die kothuis, die diere in die omgewing, die omgewing! Wow, wat 'n heerlike ervaring. Marliza se kommunikasie was uit die boonste rakke en die kuier was een van ons beste ervarings ook!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Steve, dis so lekker om te lees dat julle die omgewing en die kosthuis so ervaar het. Baie dankie vir die terugvoering. Dis so spesiaal om die plaas met mense soos julle te deel. Hoop ons sien julle gou weer. Groete, Marliza

Victoria G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Peaceful and relaxing. What a beautiful location! The views from the cottage are lovely and the cottage itself is charming. It was very cold while we were there, so the fireplace was in great demand. We had everything we needed with a comfortable bed and quality linen. A nice touch was the freshly baked bread.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Dear Victoria, thank you for the positive and heartwarming remarks. We are so happy to hear that you enjoyed the cottage and the surroundings. Thank you for staying at Langfontein. We hope to welcome you back soon. Regards, Marliza

Marthinus S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Baie lekker. Die huis is goed ingerig en baie gerieflik. Was lekker warm ten spyte van koue front. Lekker kaggel wat ons nie eers nodig gehad het nie. Dis in 'n bewaringsgebied met veiligheidshekke. Het net een aand oorgbly, maar volgende keer beslis langer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Marthinus, dankie vir die positieve terugvoer. Ons is so bly julle het die verblyf op Langfontein geniet. Ons sien uit na julle volgende besoek. Groete Marliza

Sumara B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Asemrowend, vriendelike mense, alles wat nodig is en nog meer. Net een woord. Hemels!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Liewe Sumara, dankie vir die positiewe terugvoer. Dit was so lekker om jou te ontmoet. Ons is bly jy het die verblyf hier by ons geniet. Jy was 'n baie lekker gas om hier by ons te hê. Hoop ons sien jou gou weer. Groete Marliza

Lindi J
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Lekkerste, rustigste plek. Dié huis voel soos 'n huis. Die plek is so mooi en rustig. Die kinders kan tennis speel en daar is die mooiste staproetes. Ons kom vir seker weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Lindi, dit was so lekker om jou gesin op Langfontein te hê. Ons is baie bly julle het die tyd op die plaas geniet. Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons sien uit na julle volgende kuier. Groete Marliza

Lukas D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Heerlike nostalgiese kuier, reg in die natuur. Ongelooflike sterreprag. Heerlike nostalgiese kuier, reg in die natuur. Ongelooflike blik op die uitspansel snags. Alle geriewe wat 'n mens benodig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Beste Lukas, jou beskrywing sê presies wat ons wil hê gaste moet ervaar. Dankie vir die terugvoering en dat julle op Langfontein kom bly het. Ons sien uit om julle weer te sien. Groete, Marliza

Sarita M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

'n oomblik in 'n stukkie hemel! Hierdie is 'n stukkie hemel! Elke km oppad plaas toe was net mooier! Ons beveel Langfontein Farm Cottages baie hoog aan. Ons het heerlik uitgerus, omring deur die groot berge en sprokiesmooi natuur en volop bokke op die plaas. En om ons aankoms nog beter te maak, was ons verwelkom deur die vriendelike Johanna, ons gasheer. Sy is 'n juweel! Ons het so lekker uitgerus na die lang pad by Dot's Cottage se rustige atmosfeer. Nog mooier as die fotos vind ons heerlike vars blomme in elke vertrek wat ons sommer nog verder tuis laat voel! Lieflik skoon en netjies! 'n Volgende keer sal ons definitief langer bly. Duisend dankie aan Marliza vir die puik en vriendelike kommunikasie. Julle het uit jul pad gegaan om te verseker ons is veilig en alles is in orde voor ons vertrek, gedurende ons rit en ons aankoms!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marliza
Langfontein Farm Cottages
Liewe Sarita, die terugvoering maak ons harte bly. Dis so lekker om te hoor julle het die verblyf en die plaas geniet. Dankie vir die resensie. Ons hoop ons sien julle gou weer op Langfontein. Groete, Marliza

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Marliza Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 69

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langfontein Guest Farm, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa81da8ee37ea5aa1cf009a5b327290123f27c5ecdd2c3f34eaa1f7161024532214a382a518893c92623239b8ef87fd9c5d2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 67 5 1 5 Langfontein Guest Farm Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.197422669055 24.16469424963

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang