Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langkloof 1919

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anton Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 2 jaar

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 26 resensies vir Langkloof 1919
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5
Suzette M - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suzette M

Beautiful!

Ongelooflik heerlik gekuier. Prentjie mooi plaashuis en het alles wat jy nodig het om jou verblyf gemaklik te maak. Alles is netjies & skoon. Die stoep & boma braai kuiers was uit die boeke! Die rustigheid & stilte is kos vir die siel! Kommunikasie van die eienaars via WhatsApp was puik. So baie detail in al die outentieke styl. Sal definitief weer gaan kuier!

Rijn D - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rijn D

Pragtige gerenoveerde plaashuis in pragtige ligging.

Die mooiste plek waar ek al ooit gebly het. Boutique plaashuis met alles wat mens nodig het. Meerdere kere om te besluit: Welke van die twee braaiplekke sal ons gebruik? Welke van die vier eetplekke? Welke stoep? Sal ons op die dagbed by die biblioteek lees? Pragtig versier, skoon, sterk WiFi, badjasse, hout, ys, volledige kombuis, groot stoof en oond, werklik alles wat mens nodig het. Ligging aan die voet van 'n heuwel langs die Sewe Susters is asemrowend. Pragtige staproetes deur die kloof, ons het ure lank geloop. Die gasvrou is 'n lieflike persoon vol goeie advies. Ek het nog nooit in SA so veilig gevoel nie: Mens ry byna 'n halfuur vanaf die eerste, hoë, geslote hek, en daar is nog twee voordat mens by die huis kom. Die werker op die werf is baie vriendelik en betroubaar. Ons kom seker weer.

Leana P - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leana P

Ongelooflik.

Langkloof is ongelooflik. Die eienaars het niks ontsien toe die huis ingerig is nie. Alles is net perfek. Ons sal vir seker weer gaan. Lekker weggesteek aan die voet van die berg. Salig en hier kry jy werklik sielerus.

Brendan W - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Brendan W

One of a kind bushveld farmhouse.

This is a truly special place. The setting is bushveld in an old farmstead that is pared back comfort. The host is a wonderful, kind person.

Marius B - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius B

Puik.

Verblyf was puik. Mense kan gerus Langkloof 1919 besoek. Waarde vir geld. Vriendelike diens van beide eienaar en helper op die plaas.

Jessica V - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jessica V

Wonderlike wegbreek van rus en vrede.

Ons het al om die stoep gekuier. Dit was 'n heerlike wegbreek van net stilte en rus. Langkloof 1919 het ons hart gesteel en ons hoop om weer eendag daar te kan kuier. Baie dankie aan die eienaars wat hierdie plaashuis en omgewing met ons kan deel. Ons het dit freeslik geniet. Die pad-aanwysings was maklik verstaanbaar. Die diens van die eienaar via WhatsApp was ook baie goed.

Carissa J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carissa J

Jy word sonder woorde gelaat met die fyn detail van elke ding rondom jou.

As jy stilte geniet met 'n gesellige atmosfeer met 'n tikkie van die "ou tye" waarvan ons ouers en grootouers gesels het, is hierdie die plek vir jou. Jy kan omtrent elke uur in 'n hele ander gedeelte van die huis en die werf gaan sit. Daar is so baie tyd en aandag gegee aan die kleinste details. Dit is 'n besonderse netjiese plek met die mooiste uitsigte. As jy 'n avonturier is, sal jy die bergklim, stappies en swem in die stroompies geniet. Hierdie plek is 'n "hidden gem". Jy sal nie spyt wees nie. Briljante gashere wat die ekstra myl stap vir hul gaste en verseker dat alles perfek is.

Marieke R - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marieke R

Vrede, rus, gasvryheid.

Ek weet nie eens hoe om dankie te sê vir Marina en haar man vir hul moeite met ons vir die naweek nie. Hulle laat mens soos familie voel. Die huisie is so goed toegerus en netjies. Dit is regtig uitsonderlik, julle gasvryheid is tasbaar. Dit was pure bederf en rus vir ons siele!

Audre P - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Audre P

Fantastiese plek.

Hierdie is 'n juweel van 'n plek wat ons vir seker weer sal besoek. Skoon, ten volle toegeruste huis. Baie spasie, swemplek, baie stap plek. Hier kan jy rus vir jou siel kry. Goeie WiFi-ontvangs. Die pad soontoe was goed, 'n lang grondpad, maar dit was beslis die moeite werd. Baie baie dankie vir die vriendelike diens en die klein spesiale gebare. Julle sal ons weer sien.

Rujeanne S - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rujeanne S

'n Keurig- en weltoegeruste oase vir die siel.

Langkloof 1919 het ons met fyn aandag aan detail en gemak verwelkom. Die padbeskrywings na hierdie juweel is akkuraat, sowel as die foto's. Ons is bederf met die gasvryheid van Anton en Marina, en Jan, wat seker gemaak het dat ons genoeg hout gehad het, onder andere. Langkloof 1919 het al ons verwagtinge oortref - selfs ons 3 hondekinders het ontspan. Ons sal beslis weer hier in die Waterberge kom kuier.

Gerhard H - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard H

Luukse outydse opstal aan die voet van die berge!

Pragtige, netjiese opstal wat met liefde gerestoureer is. Netjiese en veilige verblyf. Ons hondjies het die groot, oop erf saam met ons geniet. Ons was daar in die koudste week van die jaar, kon huis knus en warm hou met die houtstofie, ons het sommer "trooskos", lam en groente daarin gaar gemaak, tesame met vars speserye wat uit die tuin gepluk is. Daar is 'n verskeidenheid potte en panne, daar is alles, bring net eie kos en drinkgoed, naaste winkel is nie om die draai nie. Beurtkrag was nie 'n probleem nie, want daar is 'n klomp lampe en 'n lieflike groot gasstoof. Heerlike linne, komberse, handdoeke. Glase en eetgerei baie elegant. Daar was 'n mandjie met vars geplukte naartjies en suurlemoene! Heerlike kuierplekke. Jan het elke dag stil, stil die braai areas skoon gemaak en nóg gekapte, droeë hout gebring. Ons is verlief op die plek, die stilte, voëls wat baljaar, die vrede. WiFi was baie sterk. Anton en Marina, baie dankie vir alles, ons is teruggesit in Ouma se huis, maar met al die luukses wat dit net nog lekkerder gemaak het. Ons sien uit om in die somer daar te kom kuier, wéér vir 4 dae!

Odelia D - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Odelia D

Hier word jy stil en rustig.

Langkloof 1919 is voorwaar 'n plek om te gaan ontspan en rustig te word. Aandag aan detail is orals sigbaar. Baie dankie vir al die bederf. Sal graag gou weer wil gaan.

Melissa C - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melissa C

Rustige wegbreek.

Langkloof is fantasties vir enige iemand wat uit die stad wil kom! Kan dit nie meer voorstel nie!

Karl S - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karl S

A small piece of heaven.

A great place to rest and enjoy nature. A lovingly restored, beautiful house with everything you need. Attention to detail and very well equipped. Peaceful with a large variety of birds. Lots of outdoor areas to enjoy. Although the dirt road is long, it is worth it!

Anita M - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita M

Absolutely wonderful.

Really enjoyed our stay.

Vera W - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Vera W

'n Paradys van rus, swem en stap.

Onvergeetlike naweek - pragtige plek waar die hondekinders na hartelus kon baljaar. Die diens was uit die boeke. Ons gaan weer! Baie gou xx.

Laetitia R - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laetitia R

Pragtige bome. Voëlparadys. Pragtige, skoon plaasdamme om in te swem. Verkwikking van siel.

Baie ekstra bederfies in kombuis en wonderlike gasvrou en gasheer!

Yolande T - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolande T

Rus vir die siel in plaasluuksheid.

Langkloof 1919 het ons harte gesteel. Dis 'n pragtige plek met stylvolle dekor. Luukse beddegoed en 'n baie goed toegeruste kombuis. Mens kuier so al in en om die huis - twee stoepe, onder die groot wildevy, lafenis in die damswembaddens en in die lapa om die vuur. Ons gaan beslis weer van die soet water van Langkloof 1919 drink.

Shaun Burger S - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shaun Burger S

'n Afgeleë plaasparadys met moderne, kleinhoewe sjarme.

Ons was bederf met ‘n warm verwelkoming by 'n akkommodasie wat ons vir 'n wyle 'n tuiste kon noem. Ons was verstom met die gasvryheid, luuksheid en verskeidenheid. Met ons aankoms het 'n bottel wyn en 'n aangesteekte vuur vir ons ingewag. Hierdie natuurryke plaashuis bied meer as een braaiarea, en 'n oppasser wat gereed staan om hout te gaan haal, die vuur aan te steek en na die tyd op te ruim. Ons het opsies gehad waar ons wou eet: binne die huis, op die stoep of onder die bome. Ons het seker gemaak elke maaltyd vind plaas op 'n ander gedeelte in die werf sodat ons die hele plaasparadys kon benut. Ons het die buite-stort ook baie geniet wat verder bygedra het tot rus vir die siel. Alhoewel daar nie selfoonsein is nie, was daar uitstekende wifi om in kontak bly met ons gasheer. Ons kom kuier verseker weer by Langkloof 1919, en dan bly ons veel langer.

Yvonne V - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne V

10/10! 'n Besonderse bosveld bestemming.

Ons het vreeslik lekker gekuier en gerus op Langkloof. Die aandag aan detail en dekor is besonders en gee dit 'n 5-ster-gevoel. Daar is alles wat 'n mens nodig het en meer, onder andere kombuistoerusting, eetgerei, hout, basiese speserye en bykomstighede, en 'n fantastiese kruietuin. Sal dit aan enige groep aanbeveel vir 'n lekker naweek weg. Sou graag langer as twee nagte wou bly. Dankie Marina en Anton vir julle gasryheid en al die ekstra moeite. Groete.

Izaan J - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Izaan J

Ongekompliseerde verblyf, een met natuur en gesintyd op sy beste!

Dit was 'n heerlik 3 dae. Alles en meer waarvoor ons gesoek het. Die huis is pragtig en daar is alles wat mens nodig kry! Sal beslis weer teruggaan!

Jemma D - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jemma D

Uitstekend vir 'n wegbreek van die stad en rustigheid. Absolute kos vir die siel!

Ons het die wonderlikste paar dae by Langkloof 1919 gehad. Dit is die perfekte plek om te disconnect en reconnect saam met familie of vriende. Die rustigheid van die plaas en die mooi natuur het ons onmiddellik laat ontspan - die natuur laat jou siel asemhaal. Die huis het 'n baie lekker moderne plaasgevoel. Die aandag aan detail was indrukwekkend. Dit is goed uitgelê en bied soveel verskillende areas om te ontspan op verskillende tye van die dag. Daar was alles en nog meer om ons verblyf gemaklik te maak. Die buitestort en vir die koppie kyk was een van die hoogtepunte! My man en seun het die bergfietsry vreeslik baie geniet. Marina en Anton was ongelooflik gasvry. Altyd net 'n Whatsapp weg. Hulle het ons alles gebied wat ons nodig gehad het en meer. Ons wens ons kon langer bly en ons hoop ons is so gelukkig om eendag weer by Langkloof 1919 te gaan kuier.

Corne B - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Corne B

Rus en vrede.

Op pad na Langkloof 1919 het ek gewonder of die grondpad die moeite werd is, maar dit is beslis en nog meer. Alles is keurig ingerig, die rus en vrede is goed vir mens se siel en ons het so lekker gebly. Sal dit beslis aanbeveel en sal weer daarna gaan vir 'n naweek weg.

Louis L - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Louis L

Wegbreek.

Baie lekker, vriendelike plek. Regtig cosy en 'n plek om te "let go". Sal dit eerder in die winter wou besoek.

Maaike B - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Maaike B

Lovely!

Beautiful house with thoughtful extra touches.

Zanele L - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Zanele L

Peace at last.

We had a lovely stay hosted by Marina. The long drive on the dirt road was disheartening at times but well worth it. The home is clean with all the amenities and comfort creatures one needs for a relaxing bush getaway suitable to every family member. The farmhouse is modern with the right amount of traditional farm-style decor to evoke a bit of nostalgia. It's a fairly long dirt road to the nearest shops so make sure you stock up on everything you need. Also, I can imagine the road gets quite beaten at some parts after rains so a high clearance vehicle will be ideal. Overall, a fantastic place for bonding with family and friends as well as being at one with nature will definitely recommend.

Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langkloof Plaas, Rankinspas, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11852558b28c0c353c831f57a00223965aa32c5639e2148ffd0ac690eb1ee922ccab46129f5330602aa0aad2bde03e28a2d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 Farm Langkloof Rankins Pass 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.496792746385 27.896117958139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang