Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langkloof 1919

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Suzette M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Beautiful! Ongelooflik heerlik gekuier. Prentjie mooi plaashuis en het alles wat jy nodig het om jou verblyf gemaklik te maak. Alles is netjies & skoon. Die stoep & boma braai kuiers was uit die boeke! Die rustigheid & stilte is kos vir die siel! Kommunikasie van die eienaars via WhatsApp was puik. So baie detail in al die outentieke styl. Sal definitief weer gaan kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rijn D
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Pragtige gerenoveerde plaashuis in pragtige ligging. Die mooiste plek waar ek al ooit gebly het. Boutique plaashuis met alles wat mens nodig het. Meerdere kere om te besluit: Welke van die twee braaiplekke sal ons gebruik? Welke van die vier eetplekke? Welke stoep? Sal ons op die dagbed by die biblioteek lees? Pragtig versier, skoon, sterk WiFi, badjasse, hout, ys, volledige kombuis, groot stoof en oond, werklik alles wat mens nodig het. Ligging aan die voet van 'n heuwel langs die Sewe Susters is asemrowend. Pragtige staproetes deur die kloof, ons het ure lank geloop. Die gasvrou is 'n lieflike persoon vol goeie advies. Ek het nog nooit in SA so veilig gevoel nie: Mens ry byna 'n halfuur vanaf die eerste, hoë, geslote hek, en daar is nog twee voordat mens by die huis kom. Die werker op die werf is baie vriendelik en betroubaar. Ons kom seker weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leana P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Ongelooflik. Langkloof is ongelooflik. Die eienaars het niks ontsien toe die huis ingerig is nie. Alles is net perfek. Ons sal vir seker weer gaan. Lekker weggesteek aan die voet van die berg. Salig en hier kry jy werklik sielerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Brendan W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

One of a kind bushveld farmhouse. This is a truly special place. The setting is bushveld in an old farmstead that is pared back comfort. The host is a wonderful, kind person.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius B
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Jul 2024

Puik. Verblyf was puik. Mense kan gerus Langkloof 1919 besoek. Waarde vir geld. Vriendelike diens van beide eienaar en helper op die plaas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jessica V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jul 2024

Wonderlike wegbreek van rus en vrede. Ons het al om die stoep gekuier. Dit was 'n heerlike wegbreek van net stilte en rus. Langkloof 1919 het ons hart gesteel en ons hoop om weer eendag daar te kan kuier. Baie dankie aan die eienaars wat hierdie plaashuis en omgewing met ons kan deel. Ons het dit freeslik geniet. Die pad-aanwysings was maklik verstaanbaar. Die diens van die eienaar via WhatsApp was ook baie goed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Carissa J
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2023

Jy word sonder woorde gelaat met die fyn detail van elke ding rondom jou. As jy stilte geniet met 'n gesellige atmosfeer met 'n tikkie van die "ou tye" waarvan ons ouers en grootouers gesels het, is hierdie die plek vir jou. Jy kan omtrent elke uur in 'n hele ander gedeelte van die huis en die werf gaan sit. Daar is so baie tyd en aandag gegee aan die kleinste details. Dit is 'n besonderse netjiese plek met die mooiste uitsigte. As jy 'n avonturier is, sal jy die bergklim, stappies en swem in die stroompies geniet. Hierdie plek is 'n "hidden gem". Jy sal nie spyt wees nie. Briljante gashere wat die ekstra myl stap vir hul gaste en verseker dat alles perfek is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marieke R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

Vrede, rus, gasvryheid. Ek weet nie eens hoe om dankie te sê vir Marina en haar man vir hul moeite met ons vir die naweek nie. Hulle laat mens soos familie voel. Die huisie is so goed toegerus en netjies. Dit is regtig uitsonderlik, julle gasvryheid is tasbaar. Dit was pure bederf en rus vir ons siele!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Audre P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2023

Fantastiese plek. Hierdie is 'n juweel van 'n plek wat ons vir seker weer sal besoek. Skoon, ten volle toegeruste huis. Baie spasie, swemplek, baie stap plek. Hier kan jy rus vir jou siel kry. Goeie WiFi-ontvangs. Die pad soontoe was goed, 'n lang grondpad, maar dit was beslis die moeite werd. Baie baie dankie vir die vriendelike diens en die klein spesiale gebare. Julle sal ons weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rujeanne S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

'n Keurig- en weltoegeruste oase vir die siel. Langkloof 1919 het ons met fyn aandag aan detail en gemak verwelkom. Die padbeskrywings na hierdie juweel is akkuraat, sowel as die foto's. Ons is bederf met die gasvryheid van Anton en Marina, en Jan, wat seker gemaak het dat ons genoeg hout gehad het, onder andere. Langkloof 1919 het al ons verwagtinge oortref - selfs ons 3 hondekinders het ontspan. Ons sal beslis weer hier in die Waterberge kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anton Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langkloof Plaas, Rankinspas, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA287cfbddf2e9f9976d996afb365a0e100b04eb1c92154a7f44ea12c31693028331d51e5e6a1ab5d5ed58140894ae4b4865c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 5) 26 5 1 5 Farm Langkloof Rankins Pass 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.496792746385 27.896117958139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang