Languedoc Verblyf
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 28, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
-
Vanaf
R478R406 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Languedoc Verblyf is in 'n klein Weskus-vissermandorpie, Lambertsbaai in die Malkopbaai-area en bied gerieflike verblyf in eenhede wat see-uitsigte het of net meters van die see af is.
Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede: 'n 2-slaapkamer-eenheid met slaapplek vir 8 gaste, 'n oopplan-eenheid met see-uitsigte met slaapplek vir 2 volwassenes en nog 'n eenheid met see-uitsigte en slaapplek vir 2 volwassenes.
Elke eenheid het 'n badkamer en 'n leef- en aatarea. 'n TV met 66 DStv-kanale, 'n toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, 'n oond/stoof en eetgerei is ook beskikbaar. Skoon linne en handdoeke word gereeld voorsien. Alle eenhede het toegang tot braaigeriewe.
Die selfsorg-eenhede is naby verskeie restaurante, wat die bekende Muisbosskerm-restaurant insluit. Dié prentjiemooi kusdorpie het 'n lang, uitgestrekte sandstrand en dit is ook waar die jaarlikse Kreeffees gehou word. Die seevoëlkolonies by Bird Island lok besoekers van reg oor die land. Hier kan besoekers witmalgasse, kormorante en Afrika-pikkewyne sien. Doendinge sluit gholf, branderplankry, dolfyn- en walviskyk en 4x4-roetes en bootvaarte in. 'n Permit word vereis vir visvang en kreefduik.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Sonia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 318
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Voortrekkerstraat 28, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Languedoc Verblyf het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 28, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap