Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lankverwacht Guest Farm & Camping

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Marthie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Jy vind jouself weer daar. Ingrid het ons vriendelik ontvang, en Martin het ons baie tuis laat voel. Ons het die rustigheid en stilte baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jenny N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Amazing place to stay! Thank you for sharing this special spot with us! What a gem! We loved staying there. Ingrid has thought of everything that one might need. Thank you!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinda H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Wonderlike naweek met baie verrassings. Lankverwacht Guest Farm is gerieflik tussen Van Rhynsdorp en Nieuwoudtville geleë, nie eers 'n kilometer vanaf die hoofpad nie. Die huisie is gerieflik toegerus met alles wat 'n mens sal nodig hê. Enigste iets wat 'n mens mis, is WiFi, want die sein is oor die algemeen nie baie goed nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anzel J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Rustige verblyf. Dit is ons 2e keer by Lankverwacht en goeie kommunikasie met Ingrid gehad. Ons het laterig ingeboek en Martin en Amanda het ons ontvang en saamgery na ons verblyf en die nodige inligting gedeel. Die plaas het goeie grondpaaie waarop ons kon gaan fietsry en sommer blomme sien so tussen die ryery. 20 min uit Vanrhynsdorp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2024

Kos vir die siel. Ongelooflike mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem Hendrik J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Rustig en vernuwend. Dit was 'n fantastiese rustigheid wat mens se siel weer vernuwe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erik V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

'n Huisie met uitsig in 'n rustige omgewing. Wonderlik. Ons het heerlik gebly in die keurig netjiese huisie. Martin het alles gedoen om ons verblyf so gemaklik as moontlik te maak. Baie dankie vir julle gasvryheid en die ekstra myl wat julle geloop het. Ek kan hierdie gastehuisie ten sterkste aanbeveel vir almal wat bietjie rus nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ingrid
Lankverwacht Guest Farm & Camping
Baie dankie Erik. Hoop om julle weer te sien. Mooi bly. Groete, Ingrid

Talita V
1 nag Saam met vriende
4.8
Aug 2024

Gerieflik, stil, veilig. Gerieflik, stil, kon ook lekker op die plaas rondstap om blomme te kyk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Justus P
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2024

Stil en rustig tussen die berge. Die huisie is geleë tussen die berge met die mooiste uitsig. Dis perfek vir oorslaap - mens kan die pad en karre sien in die verte, maar dis ver genoeg dat mens hulle nie kan hoor nie. Die huisie was goed toegerus, skoon en netjies. Dit sou ons kuier vervolmaak het as die eienaars hout voorsien het vir die kaggel - ons het redelik laat daar aangekom en die dorp is te ver weg om vinnig in die kar te spring en te gaan koop.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ingrid
Lankverwacht Guest Farm & Camping
Hi Ons is jammer oor die hout, maar julle kon my net op WhatsApp gevra het, dan sou ons dit opbring vir julle. Groete Ingrid

Barry S
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Jun 2024

Heerlike plattelandse wegbreek. Ons het 'n wonderlike 2 aande in die Lankverwacht Guest Farm & Camping gehad. Baie privaat, stil en met die mooiste uitsigte. Die groot stoep met onderdakbraaiplek was ons gunsteling kuierplek. Die eenheid is goed ingerig. Kommunikasie vooraf en gedurende die verblyf was uitstekend. Die eienaars was baie tegemoetkomend en het moeite gedoen om ons te akkommodeer. Uitstekende waarde vir geld.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ingrid Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 242, Van Rhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a51490859047f6a5f22ace753457e2825a16ee3e47697d9d7938b2774c660546250aa3279e7e4d0489e049a208a80bc65f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R250 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 Farm 242 Van Rhynsdorp 8170 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.501367563909 18.912725888258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang