Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lavandula Manor Self-Catering Guest House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lavandula Manor Self-Catering Guest House is in die hartjie van Mosselbaai geleë en bied gerieflike verblyf, waar gaste pragtige uitsigte oor die hawe, see en Outeniekwaberge in die verte kan geniet. Ons swembadarea is nie omhein nie. Gaste parkeer gratis op die gastehuis se perseel, maar dit is nie agter 'n hek nie.

Die gastehuis bied 2 selfsorg-eenhede en hulle is smaakvol versier. Die Deluxe Lavender-kamer is geskik vir 2 gaste en is toegerus met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kombuisie met hitte- en eetgeriewe, 'n eetarea, 'n sitkamer, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale in. Hierdie eenheid het ook sy eie privaat ingang. Hierdie kamer word met trappe bereik.

Die Lavandula-suite is geskik vir 2 gaste en is toegerus met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kombuisie met hitte- en eetgeriewe, 'n sitkamer, 'n kaggel, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale in. Hierdie eenheid het ook 'n balkon en sy eie privaat ingang.

Die derde kamer, Classic Pool Room, is deel van die hoofgastehuis en is via trappe toeganklik. Dié kamer spog met 'n patio met 'n uitsig oor die swembad en see. Die slaaparea is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n groot stort. Ander geriewe sluit 'n yskassie, mikrogolfoond, asook tee- en koffiemaakgeriewe in. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die ligging is ideaal vir diegene wat Mosselbaai en alles wat die dorp kan bied verken. Die gastehuis is naby Bartholomeu Diaz-museumkompleks, Diaz-strand, De Bakke-strand en plaaslike restaurante geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Lavandula Manor Self-Catering Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lavandula Manor Self-Catering Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA744727ec5690282a6724ad110434fcfd42250f03e511b5c27b028a60b7293759688904a93144e0342171e8e131ea69a460cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 121 Marsh Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.182182665966 22.13632976073

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang